# Tennis: Hubert Hurkacz van Pole het die viermalige kampioen Novak Djokovic by die Shanghai Meesterstoernooi in twee stelle in die tweede ronde geklop om na die derde ronde deur te dring. Die 29-jarige het ‘n einde gemaak aan Djokovic se agt oorwinnings en het in ‘n indrukwekkende 13 kishoue en 28 wenhoue geslaan. Die […]
# Die Wes-Kaapse regering sê nuwe riglyne is ingestel om munisipaliteite te help om dienste te handhaaf tydens politieke onbestendigheid in koalisie-regerings. Die riglyne is ontwikkel in samewerking met die Dullah Omar-instituut, die Hanns Seidel-stigting en kenners van plaaslike regering. Die riglyne is om munisipale administrasies te versterk, bestuur te verbeter en te verseker amptenare […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile het oudpresident Jacob Zuma ‘n spoedige herstel toegewens te midde van teenstrydige berigte oor sy gesondheid. Zuma is volgens berigte in die hospitaal opgeneem nadat hy tydens ‘n veldtog in KwaZulu-Natal siek geword het. Die MK-party hou vol hy het roetine-mediese ondersoeke ondergaan, maar sy broer, Khanya, sê hy is steeds […]
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het gewaarsku teen waninligting rakende ‘n uitspraak van die Konstitusionele Hof oor asielsoekers. Schreiber het in ‘n onderhoud met die SABC gesê hulle het die howe versoek om duidelikheid te verskaf oor die reëls vir die aanhouding van asielsoekers terwyl hul aansoeke verwerk word. Hy meen aanhouding […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Alexander Zverev, het Wu Yibing van China geklop om die derde ronde van die Shanghai Masters te bereik. Die eerstegekeurde speler het ‘n kortstondige skrik oor sy linkerenkel oorkom na hy tydens die tweede stel gegly het, en daarna die valbylpot gewen om die oorwinning te beklink. Zverev het sy teenstander […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, vra kalmte te midde van voortdurende betogings teen migrante in Johannesburg en Durban. Betogings is in Braamfontein, Soweto en Durban aangemeld ná ‘n uitspraak deur die Konstitusionele Hof oor asielaansoeke. ‘n Voertuig is by Konstitusieheuwel aan die brand gesteek en die polisie het rubberkoeëls gebruik om betogers […]
# President Cyril Ramaphosa het die Suid-Afrikaanse regsgeleerde Navi Pillay gelukgewens nadat sy die 2026 Nobelprys vir Vrede gewen het vir haar werk ter bevordering van vrede en internasionale reg. Ramaphosa sê die toekenning erken Pillay se moed, integriteit en lewenslange toewyding aan die beskerming van menseregte en die versekering dat oorlogsmisdade, misdade teen die […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê Washington sal nie voor die middeltermynverkiesing nuwe aanvalle op Iran uitvoer nie. Hy sê gesprekke met Teheran is tans aan die gang en Amerika se blokkade van Iranse hawens sal van krag bly terwyl onderhandelings voortduur. Die oorlog het reeds energievoorrade ontwrig en brandstofpryse die hoogte in laat […]