Skip to content

Binnelandse Sake trek asiel-riglyn terug

# Die Departement van Binnelandse Sake het ʼn riglyn oor asiel-aansoeke teruggetrek wat op 28 September uitgereik is ná ʼn beslissing van die Konstitusionele Hof. Die departement sê die riglyn was ʼn bedryfsmaatreël om die hofbevel in werking te stel en is uitgereik sonder dat minister Leon Schreiber of ander politieke ampsdraers daarvan kennis gedra het. Die departement ontken die besluit was polities gemotiveer, maar sê die instelling daarvan het ernstige, onvoorsiene gevolge gehad. Dit sluit in dat vlugtelingsentrums oorweldig is binne dae nadat die riglyn uitgereik is.