# Rugby: Die flank Sam Underhill sal Engeland se Nasieskampioenskap-toetswedstryde in November weens ‘n besering misloop. Hy het ‘n bo-armspier geskeur terwyl hy vir Bath teen Harlequins gespeel het en moet ‘n operasie ondergaan wat hom vir tot vier maande van die veld kan hou. Bath se hoof van rugby, Johan van Graan, sê hy […]
# Rugby: Die volgende Wêreldbekertoernooi begin vandag oor ‘n jaar in Australië. Dit sal die grootste toernooi nóg wees, met 24 lande wat in ses groepe meeding. Die toernooi sal ook die eerste keer ‘n ronde van 16 insluit, asook ‘n “Super Sondag” met vyf groepswedstryde op 17 Oktober. Wedstryde sal in sewe gasheerstede gespeel […]
# Van vandag af vereis Tanzanië dat buitelandse besoekers wat die land binnekom, oor verpligte reisversekering beskik. Die polis kos 720-rand vir volwassenes en 360-rand vir kinders tussen die ouderdomme van drie en 17, terwyl babas jonger as drie van betaling vrygestel is. Die versekering, wat deur die National Insurance Corporation uitgereik word, dek noodmediese […]
# AfriForum sê die hersiene elektrisiteits-prysbeleid moet duidelike gevolge hê vir die energiereguleerder, Eskom en munisipaliteite wat versuim om reëls na te kom. Hy is bekommerd oor moontlike geskiedkundige kostes, munisipale bybetalings en vaste elektrisiteitskoste, en waarsku verbruikers kan bykomende koste ondervind. AfriForum sê die nuwe beleid kan misluk sonder behoorlike afdwinging en deursigtigheid. Woordvoerder […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand vra inwoners om nie moontlike tekens van hartsiekte te ignoreer nie. Hartsiektes raak alle ouderdomsgroepe al word simptome, soos ongemak in die bors, kortasemheid, ongewone moegheid, duiseligheid en hartkloppings, soms verkeerdelik aan stres of oud-word toegeskryf. Dr. Ashley Chin, ‘n kardioloog by Groote Schuur-hospitaal, moedig die publiek […]
# Die Madlanga-kommissie sal vir die volgende twee weke sittings agter geslote deure hou om getuienis aan te hoor wat nie in die openbaar bekendgemaak kan word nie weens hangende ondersoeke en vertroulike materiaal. Openbare sittings sal op 9 November hervat, ná die plaaslike verkiesing op 4 November. Jeremy Michaels van die kommissie sê ‘n […]
# Suid-Afrika se staatsbeheerde batebestuurder, die Openbare Beleggingskorporasie, het ‘n massiewe toename van 20-persent in bates onder sy bestuur aangeteken. Die OBK het aangekondig sy portefeulje het in die afgelope boekjaar tot ‘n rekordhoogte van meer as 3,6-duisend-miljard-rand gestyg. Die batebestuurder skryf die geskiedkundige groei toe aan die florerende plaaslike aandelemarkte en positiewe beleggersvertroue onder […]
# Die Borsbeeldingvereniging van Suid-Afrika sê tydens die maand van bewusmaking oor borskanker, vroue moet nie toelaat dat vrees of mites ‘n diagnose van borskanker vertraag nie. Die organisasie sê verkeerde inligting oor mammogramme, biopsies en behandeling kan vroue daarvan weerhou om hulle te laat ondersoek. Carine Kabanga van die vereniging sê mammogramme is veilig […]
# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê kunsmatige intelligensie kan Suid-Afrika se arbeidsmark hervorm sonder om grootskaalse afleggings te veroorsaak. Die aanvanklike uitwerking sal eerder werwing vertraag, wat dit moeiliker sal maak vir jongmense om hul eerste aanstelling te kry. Hoewel kunsmatige intelligensie die vraag in sekere professionele sektore kan laat afneem, sê die Buro […]