# Rugby: Die flank Sam Underhill sal Engeland se Nasieskampioenskap-toetswedstryde in November weens ‘n besering misloop. Hy het ‘n bo-armspier geskeur terwyl hy vir Bath teen Harlequins gespeel het en moet ‘n operasie ondergaan wat hom vir tot vier maande van die veld kan hou. Bath se hoof van rugby, Johan van Graan, sê hy het onmiddellik besef dat Underhill se besering ernstig was. Die 30-jarige het sedert sy debuut in 2017 reeds 50 toetswedstryde vir Engeland gespeel en 25 punte aangeteken. Engeland speel in November teen Australië, Japan en Nieu-Seeland.
Rugby: Underhill gaan Engeland se toetse in November weens besering misloop