# Die adjunkminister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli, sê die Presidensiële Jeug-indiensnemingsingryping kan nie slegs werkloosheid aanspreek nie. Sy sê die omvang en ingewikkeldheid van die uitdaging vereis voortgesette samewerking tussen die regering, sakesektor, burgerlike samelewing, onderwysinstellings en ander vennote. In die eerste kwartaal van die 2026/2027-boekjaar het die Indiensnemingsingryping 139-duisend-693 geleenthede vir jongmense deur die […]
Die DA vra ʼn volledige, bewys-gebaseerde herontwerp van Suid-Afrika se parool- en gemeenskapsdiens-stelsel. Landwyd is 35-persent van alle paroolraadposte vakant. Dit sluit in 41 posisies vir gemeenskapslede, 17 voorsitters en 15 ondervoorsitters. In streke soos Limpopo, Mpumalanga en Noordwes is 19 van 24 poste nie gevul nie. Janho Engelbrecht van die DA sê betekenisvolle hervorming […]
# Solidariteit waarsku Suid-Afrika kan voor Kersfees uit die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (AGOA) geskrap word. Dit volg terwyl die Withuis die lys van deelnemende lande hersien, met ‘n aankondiging wat teen November verwag word. Suid-Afrika is verantwoordelik vir 54-persent van alle AGOA-verwante uitvoere na die VSA en is die skema se […]
# Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het veiligheidsdienste opdrag gegee om voor te berei vir moontlike bedreigings. Dit volg nadat ‘n Flydubai-vlug op pad na Israel gister na Saoedi-Arabië herlei is nadat die een vlieënier die ander aangeval het en blykbaar probeer het om die vliegtuig te laat neerstort. Passasiers en bemanning het die aanvaller […]
# Die Universiteit van Kaapstad het met 17 plekke tot die 147ste plek in die Times Higher Education-wêrelduniversiteitsranglys vir 2027 opgeskuif. Die instelling beklee steeds die hoogste plek in Afrika en hy het sy hoogste algehele telling op die ranglys sedert 2016 behaal. Die universiteit sê verbeterings in navorsing en onderrig was van die hooffaktore […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die inhegtenisneming van ‘n sekuriteitsbeampte wat by die kantore van die Nasionale Vervolgingsgesag in Durban diens gedoen het, laat ernstige vrae ontstaan oor die keuringsproses vir privaat sekuriteitspersoneel. Die verdagte, wat teregstaan op 15 aanklagte van verkragting, is na bewering met DNS verbind aan aanvalle in Durban en Pietermaritzburg tussen 2014 […]
# ‘n Staatsondersoek in Massachusetts, VSA, het bewyse gevind van meer as 270 Katolieke geestelikes oor ‘n tydperk van ongeveer ‘n eeu byna een-duisend kinders in drie bisdomme misbruik het. Die kantoor van die prokureur-generaal sê die ondersoek dek die bisdomme van Fall River, Springfield en Worcester. Die verslag identifiseer 275 beskuldigde geestelikes en 944 […]
# Suid-Afrika het in Augustus meer as ‘n miljoen internasionale toeriste verwelkom, ‘n toename van 7,4-persent vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die minister van toerisme, Patricia de Lille, sê die toename dui op ‘n sterk belangstelling in Suid-Afrika en behoort gebruik te word om meer werksgeleenthede, beleggings en geleenthede te skep. Die ministerie se […]
# AgriSA en die Instituut vir Sekerheidstudies het ‘n ooreenkoms onderteken om landelike veiligheid te verbeter. Die organisasies sal inligting oor misdaad in landelike gebiede insamel, deel en daaroor verslag doen ten einde ‘n betroubare beeld van die probleem te vorm. Die inligting sal help om die oorsake van landelike misdaad te identifiseer, veiligheidsmaatreëls te […]