# Die adjunkminister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli, sê die Presidensiële Jeug-indiensnemingsingryping kan nie slegs werkloosheid aanspreek nie. Sy sê die omvang en ingewikkeldheid van die uitdaging vereis voortgesette samewerking tussen die regering, sakesektor, burgerlike samelewing, onderwysinstellings en ander vennote. In die eerste kwartaal van die 2026/2027-boekjaar het die Indiensnemingsingryping 139-duisend-693 geleenthede vir jongmense deur die Nasionale Roetebestuursnetwerk verseker. Mhlauli sê jongmense het werklike geleenthede in die ekonomie nodig wat toeganklik en relevant is.
Adjunkminister Mhlauli sê jongmense het werklike geleenthede in die ekonomie nodig [KLANK]
ENG MhlauliOnOpportunities