Skip to content

DA vra dat die land se paroolstelsel heeltemal herontwerp word [KLANK]

Die DA vra ʼn volledige, bewys-gebaseerde herontwerp van Suid-Afrika se parool- en gemeenskapsdiens-stelsel. Landwyd is 35-persent van alle paroolraadposte vakant. Dit sluit in 41 posisies vir gemeenskapslede, 17 voorsitters en 15 ondervoorsitters. In streke soos Limpopo, Mpumalanga en Noordwes is 19 van 24 poste nie gevul nie. Janho Engelbrecht van die DA sê betekenisvolle hervorming word vertraag deur die Departement van Korrektiewe Dienste se eie interne administratiewe tekortkominge en hindernisse deur ander staatsdepartemente en onafhanklike staatsinstellings:

ENG EngelbrechtOnParoleSystem