Skip to content

Rugby: Wêreldbeker 2027 skop vandag oor ‘n jaar af

# Rugby: Die volgende Wêreldbekertoernooi begin vandag oor ‘n jaar in Australië. Dit sal die grootste toernooi nóg wees, met 24 lande wat in ses groepe meeding. Die toernooi sal ook die eerste keer ‘n ronde van 16 insluit, asook ‘n “Super Sondag” met vyf groepswedstryde op 17 Oktober. Wedstryde sal in sewe gasheerstede gespeel word, naamlik Sydney, Brisbane, Perth, Adelaide, Melbourne, Townsville en Newcastle. Toeskouers uit 135 lande het reeds 750-duisend kaartjies gekoop. Wêreldrugby se uitvoerende hoof, Brett Robinson, sê die toernooi in sy vaderland gaan ‘n ongeëwenaarde fees wees.