# Die Wes-Kaapse Departement van Infrastruktuur sê werk aan die opgradering van die Van Schoorsdrift-pad, noord van Kaapstad, vorder goed. Die projek van 797-miljoen-rand, behels ‘n vyf kilometer lange nuwe pad en ses brûe, met kruisings wat verwyder word om verkeersvloei en veiligheid te verbeter. Die opgradering vind plaas oor ‘n kritieke tien kilometer lange […]
# CapeNature het die skuldigbevinding van ‘n vrou van Kaapstad verwelkom wat 145 reptiele, insluitend slange, geitjies en akkedisse, onwettig bekom en aangehou het. Jacqueline Hewett is tot ‘n boete van 250-duisend-rand of vier jaar tronkstraf gevonnis, met ‘n bykomende tronkstraf van twee jaar wat vir vyf jaar opgeskort is. Sy word ook verbied om […]
# Die vonnisoplegging van Bafana Mahungela, wat skuldig bevind is aan die moord op die Johannesburgse onderwyseres Kirsten Kluyts , is tot 23 November uitgestel. Mahungela is in September skuldig bevind aan moord, ontvoering, poging tot verkragting en regsverydeling in verband met Kluyts se dood in George Lea-park in Sandton. Hy het in die Hooggeregshof […]
# Die leier van BOSA, Mmusi Maimane het ‘n klag by die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, ingedien oor die dood van ‘n 10-jarige meisie wat deur oop elektriese drade in Meriting Fase 2, Lenasia-Suid in Gauteng, doodgeskok is. Maimane het die nedersetting verlede Vrydag besoek. Hy sê inwoners leef al jare lank sonder formele elektrisiteit, […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika se stryd teen ongelykheid is nog nie afgehandel nie, want armoede, werkloosheid en ongelykheid raak steeds miljoene mense. Mashatile het in Ekurhuleni tydens die jaarlikse kransleggingseremonie vir die bevrydingstryd-held Oliver Reginald Tambo, gesê die regering en burgers moet saamwerk om hierdie uitdagings die hoof te bied. Mashatile sê Suid-Afrika […]
# Die DA eis geregtigheid ná die noodlottige skietvoorval waarin sy koukusleier in Metsimaholo, Thulani Mbana, gisteraand in die Vrystaat doodgeskiet is slegs ‘n week voor die plaaslikeregeringsverkiesing. Mbana was ook ‘n raadslid en het voorheen as lid van die burgemeesterskomitee vir Ruimtelike Beplanning en Menslike Nedersettings gedien. Die provinsiale polisiekommissaris, Solly Lesia, sê die […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile versoek Suid-Afrikaners om op 4 November ‘n vreedsame verkiesing te help verseker, politieke geweld te verwerp en die uitslag van die verkiesing te aanvaar. Mashatile het in Ekurhuleni op ‘n kransleggingseremonie vir die bevrydingstryd-veteraan Oliver Reginald Tambo gesê demokrasie floreer as mense politieke verskille met debatte en by die stembus oplos, […]
# Johannesburg Water sê WhatsApp-boodskappe wat wyd versprei word en beweer alle kraanwater in die stad is onveilig om te drink, is vals. Dit volg te midde van ‘n afsonderlike waterbesoedelingskrisis in Bronkhorstspruit, waar meer as 800 gevalle van maagdermsiektes aangemeld is. Die woordvoerder, Nombuso Shabalala, vra inwoners om waterwaarskuwings op amptelike bronne na te […]
# Six people have died in a horrific crash on the N3 near Van Reenen, towards Ladysmith, in KwaZulu-Natal. Transport and Human Settlements MEC Siboniso Duma says the accident involved two trucks and a double-cab vehicle. Motorists are urged to drive with caution and allow rescue teams and law enforcement officials to carry out their […]