Skip to content

BOSA vra Openbare Beskermer vir ondersoek nadat ’n kind in Lenasia-Suid doodgeskok is

# Die leier van BOSA, Mmusi Maimane het ‘n klag by die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, ingedien oor die dood van ‘n 10-jarige meisie wat deur oop elektriese drade in Meriting Fase 2, Lenasia-Suid in Gauteng, doodgeskok is. Maimane het die nedersetting verlede Vrydag besoek. Hy sê inwoners leef al jare lank sonder formele elektrisiteit, ten spyte van ‘n elektrifiseringsprojek in 2019 ter waarde van meer as 17-miljoen-rand vir 480 huishoudings, wat ook 120 straatligte ingesluit het. Maimane eis ‘n ondersoek na munisipale nalatigheid, aanspreeklikheid, dringende veiligheidsmaatreëls en vergoeding vir die gesin.