# Die Wes-Kaapse Departement van Infrastruktuur sê werk aan die opgradering van die Van Schoorsdrift-pad, noord van Kaapstad, vorder goed. Die projek van 797-miljoen-rand, behels ‘n vyf kilometer lange nuwe pad en ses brûe, met kruisings wat verwyder word om verkeersvloei en veiligheid te verbeter. Die opgradering vind plaas oor ‘n kritieke tien kilometer lange gedeelte van die N7-korridor en sal na verwagting teen Maart volgende jaar voltooi wees. Die departement sê die projek het 394 werksgeleenthede geskep, terwyl meer as 131-miljoen-rand aan spesifieke ondernemings bestee is om plaaslike besighede te ondersteun.
N7 opgradering teen Maart volgende jaar voltooi