Skip to content

Vonnisoplegging van Bafana Mahungela tot November uitgestel [KLANK]

# Die vonnisoplegging van Bafana Mahungela, wat skuldig bevind is aan die moord op die Johannesburgse onderwyseres Kirsten Kluyts , is tot 23 November uitgestel. Mahungela is in September skuldig bevind aan moord, ontvoering, poging tot verkragting en regsverydeling in verband met Kluyts se dood in George Lea-park in Sandton. Hy het in die Hooggeregshof in Johannesburg verskyn waar die vonnisverrigtinge sou begin, maar die hof is egter ingelig die voorsittende regter is nie beskikbaar nie met die voorvonnisverslag wat ook nie nie ingedien is nie.