# Die EFF sê hy verwerp ‘n polisiekultuur wat die verdwyning van vroue as ‘n nie-dringende en gewone saak beskou totdat families en gemeenskappe genoeg druk op hulle plaas om te reageer. Dit volg op die ontdekking van die liggame van vyf vroue in Kemptonpark, Ekurhuleni, oor die afgelope twee maande. Die EFF sê meer […]
# Die DA sê die Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya se eensydige besluit om elektrisiteit af te sny na ‘n reservoir in Centurion, wat aan Johannesburg Water behoort, is roekeloos en onverantwoordelik. Dit volg op uitstaande skuld van 62-miljoen-rand. Die afsluiting is deel van die metro se deurlopende “Tshwane Ya Tima”-inkomstevorderingsveldtog, wat gemik is op kliënte wat […]
# Die minister van Finansies Enoch Godongwana sê hoër vlakke van infrastruktuurbelegging staan sentraal in die verbetering van die voortgesette lae vlakke van ekonomiese groei. Suid-Afrika se bruto binnelalndse produk het in die tweede kwartaal vanjaar met 0,2-persent gedaal. Die regering beoog om oor die volgende drie jaar een-duisend-miljard-rand regstreeks in die infrastruktuur te belê […]
# Die Amerikaanse minderheidsleier, Hakeem Jeffries. het ‘n beroep op die Kongres gedoen om stappe te doen om kunsmatige intelligensie te beheer. Hy sê die welstand van Amerikaners moet beskerm word. Dis te midde van topleiers in die KI-bedryf wat ‘n versigtiger benadering in die ontwikkeling van die tegnologie aanmoedig en waarsku dit kan menslikheid […]
# Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, doktor Johnstone Makhubu, sê die land se fiskale toekoms hang af van ‘n betroubare belastingadministrasie wat ondersteun word deur bekwame mense, intelligente stelsels, volhoubare belegging en sterk vennootskappe. Hy het gister tydens sy toespraak by die Belastingindaba in Johannesburg gesê Suid-Afrika se belastingstelsel is fundamenteel gesond en steeds […]
# Atletiek: Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, sê die beheerliggaam sal nie sy standpunt oor Rusland en Belarus verander nie. Wêreldatletiek het in Julie aangekondig die verbod op Russiese en Belarussiese atlete bly van krag. Dis in Maart 2022 ingestel en verhoed hulle om aan internasionale kompetisies deel te neem. Die Russiese Atletiekfederasie het […]
# Die Amerikaanse Hooggeregshof het president Donald Trump se plan verwerp om posstemme te beperk tot goedgekeurde kiesers vir die November-tussenverkiesing. Trump het in ‘n uitvoerende bevel in Maart aangevoer die verandering sal help om verkiesingsbedrog te bestry. Regter Brett Kavanaugh het in sy uitspraak gesê die toepassing van die reël in die tussenverkiesing sal […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 15 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die kunsmis en plofstofgroep, OMNIA, gaan moontlik aan die Johanneburgse Effektebeurs onttrek nadat Solar SA ‘n aanbod van 134-rand-50-sent per aandeel gemaak het. Die stap gaan bykomende kapitaal beskikbaar stel en die geleentheid bied om in nuwe tegnologie uit […]
The headlines of the leading newspapers on 15 September 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports the fertiliser and explosives group, Omnia, is set to delist from the Johannesburg Stock Exchange after Solar SA made an offer of 134-rand-50-cents per share. This move will make additional capital available and provide an opportunity to expand into new […]