# Die Franse Ontwikkelingsagentskap het volgens berigte ‘n versoek van die Stad Johannesburg om bykomende befondsing verwerp. Volgens News24 is dit omdat die metro nie die voorwaardes van ‘n lening van 2,5-miljard-rand wat dit in 2024 van die agentskap ontvang het, nagekom het nie. Die metro sê in reaksie internasionale ontwikkelingsfinansieringsinstellings, insluitend die agentskap, het […]
# President Cyril Ramaphosa sê die voormalige KwaZulu-Natalse regterpresident, Achmat Jappie, was lank reeds ‘n voorstander van geregtigheid in Suid-Afrika, deur sy ryk bydraes tot die regspraak. Hy is gister oorlede. Jappie is in 1998 op die regbank aangestel en was adjunk-regterpresident voordat hy van 2015 tot sy aftrede in 2021 hoof van KwaZulu-Natal se […]
# Europese Unie-lande het ooreengekom om sanksies teen Iran uit te brei om dié in te sluit wat die Seestraat van Hormoes versper. Die voortgesette versperring van die deurgang wat normaalweg ‘n vyfde van die wêreld se olie- en vloeibare aardgas-voorraad hanteer, veroorsaak kommer in Europa, wat staatmaak op ingevoerde stralerbrandstof. Die Europese Kommissie se […]
# Volgens Statistiek Suid-Afrika se jongste armoede-verslag leef sowat 23-miljoen Suid-Afrikaners, of 37,9-persent van die bevolking, tans onder die laagste vlak van die broodlyn. Dis ʼn aansienlike daling teenoor die 46,7-persent in 2015. Armoedevlakke het tussen 2015 en 2023 in alle ouderdomskategorieë gedaal, met die grootste dalings in Limpopo, die Oos-Kaap en Mpumalanga. In Gauteng […]
# Iran se gesant by die Verenigde Nasies, Amir-Saeid Iravani, sê die volgende ronde onderhandelings sal slegs plaasvind sodra die VSA sy versperring van Iranse hawens staak. Dit volg te midde van president Donald Trump se verlenging van die skietstilstand totdat Iran ‘n voorstel ter tafel lê vir die beëindiging van die oorlog. Die VSA […]
# Swem: Die Noorweegse swemfederasie sê hy gaan nie internasionale swemkampioenskappe aanbied terwyl Wêreldatletiek atlete van Rusland en Belarus toelaat om deel te neem nie. Pole het ʼn soortgelyke uitgangspunt oor die kwessie. Wêreld-watersport het die neutraliteitsbeperkings verlede week opgehef, wat swemmers van die twee nasies toelaat om die eerste keer sedert 2022 onder hul […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank wys daarop dat die voortslepende oorlog in Iran wesenlike positiewe risiko’s vir inflasie inhou, hoewel hy in hierdie stadium verwag dat inflasie met een persent na weerskante van sy teiken van drie persent kan beweeg. In sy Monetêre Beleidshersiening wat twee maal per jaar uitgereik word, sê die bank hy voorsien […]
# Die ouditeur-generaal se kantoor sê al het die Suid-Afrikaanse Lugdiens in 2024/2025 ‘n wins aangeteken, is die lugredery finansieel buite beheer en sy syfers onbetroubaar. Volgens die redery het hy in die fiskale jaar tot einde Maart 2025 die tweede agtereenvolgende jaar sedert hy in April 2021 uit sakeredding is, wins getoon. Thato Kunene […]
# Krieket: ʼn Loopbaan-beste honderdtal van Abhishek Sharma het Sunrisers Hyderabad tot ʼn oorwinning met 47 lopies oor Delhi Capitals gelei vir hul derde agtereenvolgende Indiese Premierliga-sege. Die 25-jarige Sharma se onoorwonne 135 van 68 balle is die vyfde hoogste telling in IPL-geskiedenis. Sunrisers het 242 vir twee aangeteken. Kiribathgala Dharmasena het vier paaltjies laat […]