# New York lei ‘n koalisie van 21 ander state en die Distrik van Columbia in ‘n regsgeding teen die administrasie van president Donald Trump oor ‘n nuwe beleid wat immigrasiebeamptes in staat sal stel om immigrante te straf vir die wettige gebruik van openbare voordele. Die reëlverandering sal dit waarskynlik vir baie immigrante moeiliker […]
# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Advokaat Andy Mothibi, sê korrupsie is nie net ‘n misdaad nie, maar herlei openbare hulpbronne, verswak instellings en dienslewering, verdiep ongelykheid en ondermyn vertroue in demokrasie. Hy het Maandag die 19de jaarlikse Afrika-konferensie en -uitstalling toegespreek, en beklemtoon die verantwoordelikheid vir die bestryding van korrupsie berus nie uitsluitlik […]
# Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het haar besluit verdedig om die nuwe Nasionale Katalogus vir die Grondslagfase vir graad 1–3 op te skort. Sy sê openbare hulpbronne moet verantwoordelik hanteer word. Die minister het die katalogus opgeskort weens bestuurs- en finansiële risiko’s na aanleiding van ‘n onafhanklike ondersoek. Sy het gister by […]
# Die Verkiesingshof sal moontlik vandag die ANC se aansoek teen die Verkiesingskommissie aanhoor oor die indiening van kandidatelyste vir die plaaslikeregeringsverkiesing in November. Die party beweer dat tegniese probleme met die kommissie se stelsel daartoe gelei het dat die besonderhede van 181 kandidate in ses rade nie voor die sperdatum van 28 Augustus om […]
# President Cyril Ramaphosa sê BRICS is ‘n belangrike platform vir Suid-Afrika om politieke en ekonomiese bande tot voordeel van die land en sy burgers te ontwikkel. Hy het die naweek die 18de BRICS-beraad in Nieu-Delhi, Indië, bygewoon. Ramaphopsa het in sy weeklikse nuusbrief klem gelê op belegging en handel terwyl BRICS-lande meer as ‘n […]
# President Donald Trump van Amerika verwerp toenemende kommer oor kunsmatige intelligensie en sê dit gaan meer goed doen as kwaad. ‘n Leier in die K-I-wedloop, Anthropic se uitvoerende hoof, Dario Amodei, waarsku dit ontwikkel so vinnig dat dit beter kan raak as die mens se vermoë om dit te bestuur. Trump erken die behoefte […]
# Rugby: Die Springbokke het hul hoogste puntetotaal ooit op die wêreldrugbyranglys bereik ná hul sege van 43-28 oor die All Blacks in Baltimore. Die oorwinning het die reeks met 3-1 beklink en aan Suid-Afrika nog 0,75 ranglyspunte besorg. Hul voorsprong boaan die wêreldranglys is nou verder vergroot met ‘n totale puntetelling van 95,09. Dit […]
# Gholf: Die tuisgunsteling, Shane Lowry, het ‘n rekordoorwinning van elf houe op die Ierse Ope behaal. Die 39-jarige het op 23 onder baansyfer geëindig vir sy sewende loopbaantitel en tweede Ierse Ope-oorwinning. Die Amerikaner Patrick Reed en Joaquin Niemann van Chili was saam tweede op 12 onder. Die verdedigende kampioen, Rory McIlroy van Noord-Ierland, […]
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê ʼn meer gebalanseerde wêreldorde vereis ʼn volledige opknapping van instellings wat ná die Tweede Wêreldoorlog gebou is. Hy het gister die 18de BRICS-beraad in Nieu-Delhi, Indië, toegespreek. Die beraad se tema was: “Bou vir veerkragtigheid, vernuwing, samewerking en sekerheid”.Guterres sê die wêreld beweeg toenemend na ʼn […]