# Rugby: Rassie Erasmus gaan môre geskiedenis maak met ‘n rekord van 55 toetse as afrigter van die Springbokke wanneer hulle op Loftus Versfeld in Pretoria teen Skotland speel in die Nasieskampioenskap. Dit is die meeste vir ‘n Bok-breier sedert Suid-Afrika se eerste toets in 1891. Erasmus het dit bereik in twee tydperke – van […]
# Twaalf mense is dood in ‘n veldbrand in Los Gallerdos in die suid-oostelike provinsie Almería in Spanje. ‘n Langdurige hittegolf veroorsaak veldbrande in die suide van Europa. Ses mense is beseer, insluitend ‘n vrou wat brandwonde opgedoen het. Die Spaanse minister van die Presidensie, Gesondheid en Noodgevalle, Antonio Sanz, sê die brand is die […]
# Krieket: Engeland het Indië met nege paaltjies verpletter in die vierde T20 in Bristol om hul eerste reeksoorwinning in hierdie formaat teen Indië te verseël. Die besoekers is tot 158 vir sewe beperk nadat kaptein Shreyas Iyer ʼn onoorwonne 80 van 49 balle bygedra het. Kaptein Harry Brook en Phil Salt het daarna ʼn […]
# Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zweli Mkhize, sê wetsoortreding kan nie oorgesien word om gemeenskappe teen die uitwerking van swak finansiële bestuur te beskerm nie. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie Julie se befondsing aan 69 munisipaliteite teruggehou het weens finansiële wanbestuur en bestuursmislukkings. Mkhize sê die […]
# Die polisie in Gauteng het gister 80 onwettige immigrante tydens die multidissiplinêre Operasie Shanela in Pretoria in hegtenis geneem. Dit het deel uitgemaak van voortgesette provinsiale inisiatiewe om misdaad te beveg, immigrasiewette af te dwing en openbare veiligheid in Gauteng te bevorder. Daar is op nege onpadwaardige voertuie beslag gelê. Die adjunkkommissaris van polisie, […]
# President Donald Trump van Amerika en Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het gisteraand in ʼn telefoongesprek ooreengekom om voort te gaan met samewerking op verskeie fronte. Dit volg nadat Amerika en Iran hierdie week aanvalle op mekaar uitgevoer het. Volgens Netanyahu se kantoor het Trump hom ingelig oor Amerika se huidige optrede in die Golf […]
# Die Departement van Binnelandse Sake se afdeling vir appèlaansoeke vir vlugtelinge toon die grootste afname in die agterstand met aansoeke in jare. Die geskiedkundige agterstand het met 14,2-persent afgeneem en die bestaande aktiewe gevalle in 2025/2026 met 12-persent. Die getal het van 79-duisend-870 gevalle aan die einde van 2024 tot afgeneem tot 70-duisend-976 aan […]
# Sokker: Frankryk se kaptein, Kylian Mbappé, het geskitter in die tweemalige kampioen se sege van 2-0 oor Marokko in Boston om hul derde agtereenvolgende Wêreldbeker-halfeindstryd te haal. Hy het in die tweede helfte sy agtste doel van die toernooi aangeteken en ook bygedra tot Ousmane Dembele se doel, wat die oorwinning beklink het. Mbappé […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 10 Julie 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die daling van 4,3-persent in die vervaardigingsektor dui op swak BBP-groei, wat ‘n besluit oor die repokoers bemoeilik. Die sektor se jaarlikse daling beklemtoon sy volgehoue stryd weens olieprysskokke. # Mail & Guardian: Skryf die voormalige DA-leier, John Steenhuisen, […]