Skip to content

Moody’s beskou mini-begroting as positief vir Suid-Afrika se kredietprofiel

# Die kredietgraderingsagentskap, Moody’s, beskou Suid-Afrika se mini-begroting wat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, verlede week in die Parlement ter tafel gelê het, as positief vir die land se kredietprofiel. Hy verwys na strenger monetêre beleid en voortgesette fiskale bestendiging, ten spyte van hoër oliepryse en ‘n swakker nominale bruto binnelandse produk, wat fiskale verhoudings beïnvloed het. Moody’s verwag dat die land se skuld teen 2028 84,9-persent van die BBP sal uitmaak, teenoor 86,8-persent verlede jaar. Hy sê skuld se bekostigbaarheid bly swak, en rente het in die 2025-boekjaar 18,8-persent van die regering se algemene inkomste opgeneem.