# President Donald Trump van Amerika bly ʼn belangrike faktor in die komende middeltermynverkiesing, al is hy nie op die stembrief nie. Volgens ʼn nuwe CBS-peiling sê 41-persent hulle stem vir die Kongres is teen Trump, terwyl net 26-persent hom steun. Die meeste mense wat die Demokrate ondersteun, se motivering is om Trump en die Republikeinse Party se beleide te keer, eerder as om die Demokrate se eie beleide te bevorder. Volgens die meeste kiesers het nie die Demokrate of die Republikeine egter ʼn duidelike plan vir beheer oor die Kongres nie.
Nuwe CBS-peiling toon Trump bly belangrik in aanloop tot middeltermynverkiesing