# President Donald Trump het hulde gebring aan die Republikeinse senator en sy nabye bondgenoot, Lindsey Graham, wat oor die naweek oorlede is. Die 71-jarige het na bewering ‘n hartaanval by sy huis op Capitol Hill gehad. Hy het sedert 2003 in die Senaat gedien, waar hy Suid-Carolina verteenwoordig het, en het in November vir […]
# President Cyril Ramaphosa sê die gevolge van oorlog herinner almal daaraan dat leiers ‘n diepgaande verantwoordelikheid het om vrede na te streef. Hy het gister die 110de herdenking van die Slag van Delvillebos by die Suid-Afrikaanse Gedenkteken in Longueval, Frankryk, bygewoon. Dit het die moed en opoffering van Suid-Afrikaanse soldate vereer wat tydens die […]
# Iran het vanoggend ‘n vlaag hewige missiel- en hommeltuigaanvalle reg oor die Golf uitgevoer, met Katar, die VAE, Bahrein en Koeweit as teikens. Hy het ook verdere aanvalle in Jordanië en Oman geëien. Dit volg op ‘n nuwe ronde Amerikaanse lugaanvalle in Iran, in reaksie op ‘n Iranse aanval gisteraand op ‘n skip in […]
# Sokker: Jude Bellingham van Engeland het gister twee keer punte aangeteken om Noorweë se merkwaardige stryd te beëindig om die Wêreldbeker-halfeindronde te haal met ‘n 2-1-oorwinning na bykomende tyd in hul kwarteindstryd in Florida, in die VSA. In die ander kwarteindstryd het die verdedigende kampioene, Argentinië, ‘n tienman-span van Switserland met 3-1 na ekstra […]
# Die Amerikaanse weermag het Iran aangeval nadat die land vroeër vandag ‘n vraghouerskip geteiken het. Teheran sê intussen hy het die Straat van Hormoes weer gesluit. ‘n Reeks aanvalle tussen die VSA en Iran oor die afgelope paar dae het president Donald Trump genoop om die skietstilstand te beëindg. Die Iranse Rewolusionêre Wagkorps sê […]
# Rugby: Die eindtelling van 42 – 28 in die guns van Suid-Afrika teen ‘n vurige Skotse span in hul Nasieskampioenskap-kragmeting op Loftus in Pretoria gisteraand klink vleiend, maar swak verdediging het hulle amper die wedstryd gekos. Die rustydtelling was 14-elk. Skrumskakel Ambrose Papier, wat terug is na ‘n agt jaar lange afwesigheid, het die […]
# Die MK-party is volgens berigte onder ernstige finansiële druk en het in aanloop tot die munisipale verkiesing alle reistoelaes vir leiers opgeskort. Volgens News24 het interne kommunikasie tussen partyleier Jacob Zuma en die nuwe tesourier-generaal, Brian Molefe, alle nasionale beamptes, ligas, en erkende strukture in kennis gestel dat alle verblyf, gehuurde motors en lokale […]
# Die Verenigde Nasies het kommer uitgespreek oor die toenemende Russiese hommeltuig- en missielaanvalle op Oekraïnse burgerlikes. In Junie is minstens 265 burgerlikes in Oekraïne dood en een-duisend-816 beseer. Dis die hoogste gekombineerde ongevalle-syfer sedert die eerste maande ná Moskou se volskaalse inval in Februarie 2022. Oekraïne het ook sy aanvalle op Rusland verskerp en […]
# Die stadsraad van die Stad Tshwane gaan tugstappe doen teen die geskorste hoof van finansies, Gareth Mnisi. Die Madlanga-kommissie het bevind hy het met ander senior beamptes van die metro saamgespan om die toekenning van tenders te manipuleer. Hy het na bewering sy posisie gebruik om tenders aan voorleggers van sy keuse toe te […]