# Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het 2,7-miljoen-rand aan regskoste betaal vir die minister van Polisie, Senzo Mchunu, wat tans op spesiale verlof is. Die staat betaal ook Mchunu se salaris van drie-miljoen-rand terwyl hy by die huis sit. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het in ʼn geskrewe antwoord in die Parlement gesê die befondsing is volgens die departement se beleid oor regsverteenwoordiging deur die staat voorsien. Mchunu word beskuldig van politieke inmengery by die Suid-Afrikaanse Polisiediens, bande met misdaadsindikate en die ontbinding van die taakspan oor politieke moorde.
Staat betaal 2,7-miljoen-rand vir Senzo Mchunu se regskoste