The headlines of the leading newspapers on 10 July 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports the 4.3-percent decline in the manufacturing sector indicates weak GDP growth, which complicates a decision on the repo rate. The sector’s annual decline highlights its continued struggle due to oil price shocks. # Mail & Guardian: Writes former DA leader […]
# Tennis: Die Tsjeggiese spelers Karolina Muchová en Linda Nosková speel vanmiddag in die eindstryd van die vroue-enkelspel op Wimbledon. Dis albei se eerste geleentheid om as Grand Slam-kampioen gekroon te word. Muchová het die Amerikaner Coco Gauff verslaan en Nosková vir Marta Kostyuk van Oekraïne. Die 20-jarige Nosková is die jongste vrou in die […]
# Die organisasie, Public Interest SA, het ʼn strafregtelike klag by die Valke ingedien teen die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, oor die moontlike oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Dit hou verband met die Suid-Afrikaanse Polisiediens se omstrede Medicare24-kontrak van 228-miljoen-rand. Public Interest SA se voorsitter, Tebogo Khaas, sê as die SAPD […]
# President Cyril Ramaphosa is van vandag tot Sondag op ʼn staatsbesoek in Frankryk. Hy sal volgens sy program talle bilaterale vergaderings hou, onder andere met president Emmanuel Macron. Hy sal tydens besoek deelneem aan hoëvlak-gesprekke by UNESCO, met Franse sakelui vergader en die 110de herdenking van die Slag van Delville-bos bywoon. Die Presidensie sê […]
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku die hervatting van aanvalle en teenaanvalle tussen Amerika en Iran kan die diplomatieke vordering sedert die skietstilstand in April aangekondig is, ongedaan maak. Amerika het hierdie week meer as 150 teikens in Iran getref waarin 14 mense dood is. Teheran het Amerikaanse militêre basisse in die […]
# ‘n Voormalige brigadier-generaal van die Suid-Afrikaanse Lugmag, Portia Anyamba, is tot ses maande tronkstraf in die VSA gevonnis. Sy het skuldig gepleit op ‘n aanklag dat sy as ‘n onverklaarde agent vir Suid-Afrika opgetree het terwyl sy by die hoogs sensitiewe Oak Ridge Nasionale Laboratorium in Tennessee gewerk het. As deel van ‘n pleitooreenkoms […]
# Die Iranse minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, het gewaarsku teen enige verdere Amerikaanse militêre “avontuurlustigheid”. Dit volg op ‘n tweede dag van aanvalle, wat die lewens van 14 mense in Teheran geëis het. Die Amerikaanse weermag het in die afgelope twee dae 170 teikens in Iran aangeval, insluitend meer as 60 klein bote […]
# Suid-Afrika vra Amerika om die ekonomiese, handels- en finansiële sanksies van byna sewe dekades teen Kuba op te hef en sê dis die grootste struikelblok in die land se ontwikkeling-strewe. Kuba sê die skade wat die sanksies veroorsaak, het van Maart verlede jaar tot Februarie vanjaar ʼn rekord 131,2-miljard-rand beloop. Suid-Afrika se ambassadeur by […]
# Die geskorste hoof van Ekurhuleni se regsdienste, Kemi Behari, en nog drie mense is in hegtenis geneem deur die Madlanga-kommissie se aanbevelings-taakspan. Behari is voor die kommissie betrek dat hy na bewering die hoof van Ekurhuleni se Metropolisie, Julius Mkhwanazi, teen tugoptrede beskerm het. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die verdagtes is gisteraand aangetree […]