Skip to content

Rugby: Bulle teken kontrak met Wêreldbeker-wenner Kwagga Smith

# Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Kwagga Smith het ʼn driejaar-kontrak by die Bulle onderteken. Die tweemalige Wêreldbeker-wenner het onlangs ʼn agtjaar-termyn by Shizuoka Blue Revs in Japan voltooi. Hy het in Mei ʼn ernstige kniebesering opgedoen en is die res van die seisoen buite aksie. Dit beteken die 33-jarige speler maak sy Bulle-debuut vroeg in die nuwe jaar. Smith sê hy is opgewonde om by die span aan te sluit en sê een van sy beste ervarings was om voorheen onder afrigter Johan Ackermann by die Leeus te speel.