# Die Verkiesingskommissie se voorsitter, Mosotho Moepya, sê die stem-tellery sal onmiddellik begin nadat stembusse Woensdagaand gesluit het en voeg by dat deursigtigheid een van die belangrikste faktore van regverdige verkiesings is. Meer as 23-duisend stemlokale sal reg oor Suid-Afrika gebruik word. Die OVK het sy nasionale uitslagsentrum in Midrand, Gauteng, gereed verklaar. Moepya sê alle stemme sal getel word waar gestem is, en geen stembriewe sal buite stemlokale geneem word nie:
Verkiesingskommissie sê stembriewe sal binne stemlokale bly [KLANK]
ENG MoepyaOnVoteCounting