# Die Amerikaanse burgerregte-leier en arbeid-organiseerder, Dolores Huerta, is op 96 oorlede. Sy was in die 1960’s medestigter van United Farm Workers wat hulle beywer het om trekarbeiders se lewens te verander. Haar Spaanse slagspreuk “Sí, se puede!” wat beteken “Ja, dit kan gedoen word”, was gebaseer op die gedagte dat mense verandering kan meebring. Haar dekades lange werk het haar talle toekennings besorg, onder meer die Presidensiële Medalje van Vryheid in 2012. Die organisasie sê Huerta se lewensdoel was om haar gemeenskap te bemagtig en ongeregtighede te oorkom.
Invloedryke Amerikaanse burgerregte-ikoon Dolores Huerta sterf op 96