Skip to content

Krieket: Australië in ‘n voordelige posisie na dag drie in die laaste toets teen die Proteas

# Krieket: Suid-Afrika het die derde dag van die derde en beslissende toets in Kaapstad op 140 vir vier in hul tweede beurt afgesluit, en is daarmee 40 lopies voor Australië. Die besoekers is ná middagete vir 429 lopies uitgeknikker, met Josh Inglis wat 102 lopies van 135 balle aangeteken het. Die Proteas, wat in die eerste beurt met 100 lopies agter was, het vroeg die paaltjies van Aiden Markram en David Bedingham verloor. Marques Ackerman het 62 lopies aangeteken voordat hy deur Mitchell Starc uitgeboul is, terwyl kaptein Temba Bavuma in die voorlaaste boulbeurt van die dag op 35 lopies uit is.