# Veertien mense is gister dood en tien ander gewond in ʼn Russiese hommeltuig-aanval op die hoof-treinstasie in die sentrale Oekraïne stad, Dnipro. ʼn Straal-aangedrewe hommeltuig het die stasie getref terwyl ʼn trein, wat na Zaporizhzhia sou vertrek, by ʼn platform gestaan het. Dis die jongste in ʼn reeks Russiese aanvalle op vervoer- en energie-infrastruktuur in Kiëf. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê hierdie is doelbewuste aanvalle op burgerlikes en is uiters wreed. Hy het weer gevra vir nog Amerikaanse, Europese en G7-sanksies teen Moskou.
Russiese hommeltuig-aanval op Oekraïnse treinstasie eis 14 lewens