# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê die regering maak vordering met die verskaffing van waardige behuising, bring gemeenskappe nader aan ekonomiese geleenthede en noodsaaklike dienste, en hanteer ruimtelike ongelykheid. Sedert die begin van demokrasie het die regering meer as vyf-miljoen behuisingsgeleenthede geskep. Huishoudings in formele woonplekke het toegeneem van 65-persent in 1996 tot meer as 88-persent in 2022. Simelane sê die regering is ook verbind om modderhuise uit te skakel, met die huidige finansiële teiken van byna sewe-duisend modderhuise reg oor die land.
Minister Simelane sê die regering maak vordering met verskaffing van waardige behuising