# President Cyril Ramaphosa sê BRICS is ‘n belangrike platform vir Suid-Afrika om politieke en ekonomiese bande tot voordeel van die land en sy burgers te ontwikkel. Hy het die naweek die 18de BRICS-beraad in Nieu-Delhi, Indië, bygewoon. Ramaphopsa het in sy weeklikse nuusbrief klem gelê op belegging en handel terwyl BRICS-lande meer as ‘n […]
# President Donald Trump van Amerika verwerp toenemende kommer oor kunsmatige intelligensie en sê dit gaan meer goed doen as kwaad. ‘n Leier in die K-I-wedloop, Anthropic se uitvoerende hoof, Dario Amodei, waarsku dit ontwikkel so vinnig dat dit beter kan raak as die mens se vermoë om dit te bestuur. Trump erken die behoefte […]
# Rugby: Die Springbokke het hul hoogste puntetotaal ooit op die wêreldrugbyranglys bereik ná hul sege van 43-28 oor die All Blacks in Baltimore. Die oorwinning het die reeks met 3-1 beklink en aan Suid-Afrika nog 0,75 ranglyspunte besorg. Hul voorsprong boaan die wêreldranglys is nou verder vergroot met ‘n totale puntetelling van 95,09. Dit […]
# Gholf: Die tuisgunsteling, Shane Lowry, het ‘n rekordoorwinning van elf houe op die Ierse Ope behaal. Die 39-jarige het op 23 onder baansyfer geëindig vir sy sewende loopbaantitel en tweede Ierse Ope-oorwinning. Die Amerikaner Patrick Reed en Joaquin Niemann van Chili was saam tweede op 12 onder. Die verdedigende kampioen, Rory McIlroy van Noord-Ierland, […]
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê ʼn meer gebalanseerde wêreldorde vereis ʼn volledige opknapping van instellings wat ná die Tweede Wêreldoorlog gebou is. Hy het gister die 18de BRICS-beraad in Nieu-Delhi, Indië, toegespreek. Die beraad se tema was: “Bou vir veerkragtigheid, vernuwing, samewerking en sekerheid”.Guterres sê die wêreld beweeg toenemend na ʼn […]
# President Cyril Ramaphosa sê een van die uitstaande kenmerke van die 18de BRICS-beraad, was die verbintenis om die globale bestuur van die multilaterale stelsel te bevorder. Die leiers het tydens die afsluitingseremonie gister in Nieu-Delhi, Indië, die Nieu-Delhi-verklaring aanvaar, en daarmee die gees van wedersydse respek en begrip, soewereine gelykheid, solidariteit, demokrasie en samewerking […]
# Gauteng se Onderwys-LUR, Lebogang Maile, sê onafhanklike skole is onafhanklik wat eienaarskap en bestuur betref, maar is steeds onderworpe aan regeringsregulasies. Daar is tans een-duisend-83 onafhanklike skole in die provinsie wat operasioneel geregistreer is. Die departement het tussen 2024 en Augustus 2026 458 dissiplinêre en boelie-klagtes ontvang, 422 gevalle waar oordragsertifikate of rapporte weens […]
# Die voormalige Britse eerste minister, Boris Johnson, en senior nasionale Europese veiligheidsamptenare het ʼn Russiese hommeltuigaanval in Oekraïne naelskraaps vrygespring. Die hommeltuig het ʼn trein naby die grens tussen Oekraïne en Pole getref, kort nadat die trein waarop Johnson en ander amptenare gereis het daar verby is. Johnson veroordeel die aanval as lukraak en […]
# Tennis: Die topgekeurde Alexander Zverev het die plaaslike gunsteling, die agste-gekeurde Ben Shelton, geklop en sy eerste Amerikaanse Ope-titel gebuit. Dit het die Duitser sy tweede Grand Slam-titel besorg. Die 29-jarige is slegs die vierde man in die Ope-geskiedenis wat in dieselfde seisoen sy eerste twee Grand Slam-titels wen nadat hy in Junie ook op […]