# Motorsport: Max Verstappen het sy eerste oorwinning van die seisoen vir Red Bull behaal tydens ‘n chaotiese Bahreinse Grand Prix in Maleisië wat gekenmerk is deur stortreën, ‘n lang vertraging tydens wegspring en veiligheidsmotors. Kimi Antonelli van Mercedes was tweede en het sy bestuurderskampioenskaps-voorsprong bo sy spanmaat George Russell tot 84 punte vergroot nadat […]
# Die Globale Veldtog teen Transnasionale Georganiseerde Misdaad sê as politieke sluipmoorde geïgnoreer word, verskraal dit demokratiese keuse, benadeel plaaslike regering en laat misdadigers toe om te besluit wie die mag het. Twee-en-veertig mense is reeds vanjaar dood in vermeende politieke sluipmoorde in Suid-Afrika in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing – die meeste in KwaZulu-Natal, […]
# Krieket: Die Wanderers in Johannesburg sal op 21 November volgende jaar, soos in 2003, die eindstryd van die eendag-Wêreldbekertoernooi aanbied. Indië en die verdedigende kampioen, Australië, speel op 7 Oktober in die openingswedstryd op Nuweland in Kaapstad, waar die eerste halfeindstryd ook sal plaasvind, en die tweede in Centurion. Die toernooi vind plaas in […]
# Amnestie Internasionaal in Amerika sê Christa Pike se mislukte teregstelling bewys weereens dat die doodstraf wreed, onmenslik en vernederend is. Sy is in 1995 ter dood veroordeel weens moord, en het Woensdagaand twee dodelike inspuitings oorleef. Pike sou die eerste vrou in meer as 200-jaar wees wat in Tennessee tereggestel word. Woordvoerder Justin Mazzola […]
# Suid-Korea se president, Lee Jae Myung, het Kiëf beskuldig dat hy ʼn vertroulikheidsooreenkoms verbreek het deur die oorhandiging van twee Noord-Koreaanse krygsgevangenes bekend te maak. Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, het verlede week by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering aangekondig dat sy regering twee Noord-Koreaanse soldate aan Seoel oorhandig het. Die twee soldate was […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê terwyl geopolitieke druk kostes vir huishoudings opjaag, bevorder die regering ʼn geïntegreerde vervoerstelsel wat ontwerp is om openbare vervoer veiliger en meer bekostigbaar te maak. Oktober is Vervoer-maand. Creecy sê haar departement is besig om die openbarevervoer-toelaagstelsel te verander na ʼn verenigde ondersteuningsmodel wat op sekere roetes vir […]
# Gholf: Sewe Suid-Afrikaners is op die hakke van die gesamentlike voorlopers, wêreld-nommer-979 Michael Stewart van Skotland en die Australiër, Jack Buchanan, op sewe-onder-baansyfer by die Alfred Dunhill Links-kampioenskap. Die toernooi word op drie gholfbane gespeel: Carnoustie, Kingsbarns en St Andrews. Die heersende Suid-Afrikaanse Ope-kampioen, Casey Jarvis, is op ses-onder-baansyfer 66 by Carnoustie, terwyl sy […]
# Suid-Afrika se enkele rykste miljardêr besit meer rykdom as die armste 70-persent van die bevolking saam. Dit is volgens ʼn nuwe verslag van Oxfam South Africa. Dit het bevind die rykste een-persent landsburgers het 54,9-persent van die land se rykdom in 2024 besit, terwyl die onderste helfte van die bevolking negatiewe rykdom het. Oxfam […]
# Rugby: Die Haaie het met die terugkeer van Springbok-spelers ʼn hupstoot gekry vir môre se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die heersende kampioene, Leinster, in Durban. Andre Esterhuizen voer die span aan, en Thomas du Toit en Edwill van der Merwe keer terug na die beginspan. Ox Nche, Eben Etzebeth en Ethan Hooker is op die […]