Skip to content

Tennis: Zverev dring deur na die halfeindronde van die ATP-jaareindtoernooi

# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Alexaner Zverev, het deurgedring na die halfeindronde van die ATP-jaareindtoernooi in Turyn, Italië. Die Duitser het die Amerikaner Ben Shelton in skoon stelle verslaan vir sy tweede oorwinning in die John McEnroe-groep nadat hy vroeër die Spanjaard Rafael Jodar geklop het. In die ander wedstryd het die Fransman Arthur Fils sy eerste oorwinning van die toernooi behaal toe hy Jodar in drie stelle verslaan het. Fils moet Zverev môre in sy laaste groepswedstryd verslaan om die voorlaaste ronde te haal.