# Israel se parlement het Matan Kahana van Gadi Eisenkot se Yashar-party as sy 26ste speaker aangewys wat die opposisie se pogings versterk om Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, te ontsetel. Hy is deur die Joods-geleide opposisiepartye en die Arabies-geleide partye ondersteun en het 66 stemme ontvang. Die Netanyahu-groep se kandidaat, Ofir Katz, het 52 gekry. Eisenkot is vroeër die maand deur president Isaac Herzog aangesê om ʼn nuwe regering te vorm, en sê Kahana se aanstelling as Knesset-speaker is ʼn waardige demokratiese stap wat die meerderheid se behoefte aan verandering weerspieël.
Israelse parlement kies nuwe speaker wat Netanyahu se posisie verswak