# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo het binne drie maande meer as verdubbel en kinders word die ergste geraak. Meer as elf-duisend gevalle en vyf-duisend-400 sterftes is reeds aangemeld. Meer as ʼn kwart van die bevestigde gevalle en ʼn derde van die sterftes is kinders, en meer as sewe uit tien kinders jonger as vyf is dood. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hulle maak vordering, onder meer om vinnige oordrag in die meeste van die vroeë brandpunte te keer:
Ebola-gevalle in DRK verdubbel binne drie maande [KLANK]
ENG GhebreyesusOnEbola