# Meer as tien-duisend mense is oornag in die suidweste van Frankryk ontruim nadat ‘n veldbrand vinnig versprei het en sowat twee-duisend hektaar grond wes van Bordeaux verwoes het. Data toon veldbrande het vanjaar reeds meer grond in Europa verbrand as die jaarlikse gemiddelde van die afgelope twee dekades. Dit volg op drie opeenvolgende hittegolwe, […]
# Die hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, het voor die Madlanga-kommissie erken sy het die parlementêre ad hoc-komitee verkeerde inligting gegee oor die tydlyn van die ondersoek na die hoof van Misdaad-intelligensie, Dumisani Khumalo. Sy het geantwoord op vrae van kommissaris Sesi Baloyi. Johnson het toegegee sy het verkeerdelik beweer die Artikel […]
# Finansiële insluiting onder Namibiese volwassenes het verlede jaar tot 86-persent gestyg vanaf 78-persent in 2017. Die Namibiese Statistiek-agentskap se Namibiese Finansiële Insluitingsopname toon 81,5-persent van volwassenes gebruik nou erkende finansiële dienste. Die getal volwassenes wat geld leen, het egter verlede jaar tot 49,0-persent gestyg, teenoor 42,1-persent in 2017. Woordvoerder Mirjam Shihepo sê daar is […]
# Die aantal bevestigde Ebola-gevalle in die Demokratiese Republiek die Kongo het tot twee-duisend-536 gestyg, insluitend een-duisend-en-33 sterftes. Die land se Openbare Gesondheidsinstituut sê in sy jongste verslag 50 nuwe gevalle is Maandag in die oostelike provinsies Ituri en Noord-Kivu opgespoor. ‘n Uitbreking het nog nooit tevore so vinnig versprei nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die […]
# Hokkie: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het drie-miljoen-rand se noodfinansiering goedgekeur vir die nasionale mans- en vroue-span wat aan volgende maand se Wêreldbeker-toernooi in België en Nederland gaan deelneem. Die vrouespeler Onthatile Zulu het in ‘n ope brief onthul dat van spelers verwag is om tot vlugte by te dra […]
# Iran beskuldig Amerika dat hy Pickaxe Mountain as regverdiging vir bykomende aanvalle gebruik. Daar word vermoed die ondergrondse terrein is ‘n kernaanleg waar Teheran glo besig is om ‘n terrein vir uraanverryking te bou. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vroeër die week gedreig om die aanleg binnekort aan te val. Iran waarsku enige […]
# Fietsry: Die Tour de France betree vandag die Hoë Alpe vir die 18de skof, met die verdedigende kampioen Tadej Pogačar wat gister sy stewige algehele voorsprong suksesvol verdedig het. Die fietsryers pak vandag ‘n klimtog van drie-duisend-900 meter oor 185-kilometer. Pogačar is egter bekommerd oor sy spanmaat, Adam Yates, wat ongesteld is en gister […]
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking beskryf twee Ghanese burgers se versoekskrif aan die Internasionale Strafhof as opportunisties. Hulle vra die hof vir ‘n voorlopige ondersoek na aanvalle teen buitelanders in Suid-Afrika omdat hulle glo dit kan neerkom op misdade teen die mensdom. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die voorlegging voldoen […]
# Rugby: Die voormalige All Black-kaptein Sean Fitzpatrick sê ‘n reeksoorwinning oor die Springbokke in Suid-Afrika sal die kersie op die koek wees, en die perfekte wegspringplek vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi. Nieu-Seeland sal tydens die Greatest Rivalry-toer teen die vier Suid-Afrikaanse Verenigde Rugby-kampioenskapspanne speel, asook vier toetse teen die Bokke. Fitzpatrick sê die uitdaging […]