# Die leier van die EFF, Julius Malema, is toestemming gegee om te appelleer teen sy vonnis van vyf-jaar, maar nie teen sy skuldigbevinding nie. Dit het gevolg op voorleggings deur advokate Laurence Hodes en Tembeka Ngcukaitobi in die Oos-Londense Landdroshof in KuGompo City in die Oos-Kaap. Landdros Twanet Olivier sê daar is ‘n moontlikheid […]
# Die VF Plus verwelkom die EFF-leier Julius Malema se vonnis van vyf jaar regstreekse gevangenisstraf en sê die uitspraak versterk die oppergesag van die reg en bevestig niemand is bo die Grondwet verhewe nie. Die woordvoerder, Heloïse Denner, sê die vonnisoplegging bly onderhewig aan appèl, wat beteken Malema kan voortgaan om te dien as […]
# Die Landdroshof in KuGompu City in die Oos-Kaap het die EFF-leier, Julius Malema, vyf jaar regstreekse gevangenisstraf opgelê en hom ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit. Hy is skuldig bevind aan verskeie aanklagte, insluitend die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n openbare plek sonder behoorlike rede tydens ‘n saamtrek in Mdantsane in 2018. […]
# Die leier van die EFF, Julius Malema, is vyf-jaar tronkstraf opgelê. Hy is vroeër skuldig bevind aan verskeie oortredings, insluitend oortredings van die Wet op Vuurwapenbeheer.
# EFF leader Julius Malema was sentenced to five-years in prison. He was previously found guilty of several offences, including the contravention of the Firearms Control Act.
# Die landdros in die saak teen die EFF-leier Julius Malema in KuGompo City, Twanet Olivier, sê vonnisoplegging is die ingewikkeldste fase van die verrigtinge. Sy het sleutelfaktore uiteengesit, insluitend dat die beskuldigde ‘n eerste oortreder is. Olivier beklemtoon howe moet afskrikmiddels, rehabilitering en maatskaplike beskerming balanseer, en vonnisse moet geregtigheid en genade weerspieël terwyl […]
# Die Turkse polisie het ‘n wydverspreide optrede van stapel gestuur ná dodelike skoolskietervoorvalle, en 83 mense in hegtenis geneem vir die beweerde bevordering van misdaad en lof vir oortreders in verband met die aanvalle. Nege mense is dood en 13 beseer toe ‘n leerder gister in ‘n skool in Kahramanmaraş losgebrand het. Dit volg […]
# Minstens 15 mense is verlede nag dood en meer as 90 gewond in ‘n reeks Russiese hommeltuig- en missielaanvalle in Oekraïne. ‘n Vyfjarige en ‘n 12-jarige seun is onder die slagoffers. Die aanvalle volg ná ‘n kort skietstilstand tydens Ortodokse Paasfeesvierings oor die naweek. Kiëf se Lugmag sê hulle het 31 Russiese missiele en […]
# Die Kommunikasie‑risikosentrum sê die oorlog in die Midde-Ooste beïnvloed Suid-Afrika se kommunikasiesektor. Die sektor is afhanklik van diesel vir rugsteunkrag, sowel as vir veilige beplanning om toerusting te verskuif en terreine te onderhou, en digitale betaalstelsels om handel te vergemaklik. Uitvoerende hoof Thokozani Mvelase sê as diesel duurder of moeiliker bekombaar word, as logistiek […]