# Sokker: Kaizer Chiefs vertrek vanaand na die Nuwe Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo, om teen Magesi FC te speel, wat onder aan die punteleer is. Die Amakhosi is tans derde in die Premierliga en mik na ‘n vyfde agtereenvolgende oorwinning ná ‘n onlangse een van 2-0 oor TS Galaxy. ‘n Oorwinning sal hulle derde […]
# Staatsaanklaer Joel Cesar verwerp die versoek van EFF-leier Julius Malema se regsverteenwoordiger vir ‘n vonnis sonder gevangenisstraf en sê hy is ‘n parlementslid wat gekies het om die wet te oortree. Hy het in die Landdroshof in KuGompo City in die Oos-Kaap gesê Malema se optrede stuur ‘n gevaarlike boodskap aan jong ondersteuners. Hy […]
# Die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, Johan Booysen, het onttrek van getuienis voor die Nkabinde-ondersoek. Hy moes sleutelgetuienis lewer met betrekking tot die eenheid in Cato Manor en aanklaersbesluite wat onder die loep is. Ondersoek word ingestel na die Nasionale Vervolgingsgesag se aanklagte van afpersing teen Booysen en die eenheid, sowel as […]
# Duitsland se Ministerie van Ontwikkeling sê die land gaan vanjaar nog 385-miljoen-rand verskaf aan Soedan. Dit volg voor vandag se internasionale hulpverleningskonferensie in Berlyn, wat meer as 16,5-miljard-rand se befondsings-verbintenisse wil inwin. Die oorlog van drie jaar tussen die Soedanse Weermag en paramilitêre magte het wydverspreide hongersnood meegebring en miljoene mense ontwortel te midde […]
# Fietsry: Die Stad Kaap sê die ikoniese Vygieskraal-stadion in Athlone maak gereed vir ‘n opwindende nuwe hoofstuk. Daar word beoog om die fietsrybaan te herstel wat ingesluit is by die stad se konsep-begroting vir 2026/27. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê die Departement van Ontspanning en Parke het in onlangse jare […]
# Die Amerikaanse visepresident, JD Vance, het die belangrikheid beklemtoon van die handhawing van die wapenstilstand tussen sy land en Iran, en beskryf dit as die sleutel om verdere toename in vyandighede te voorkom. Die tweede ronde vredesgesprekke sal na verwagting binnekort in Islamabad, Pakistan, begin terwyl die wapenstilstand volgende Woensdag eindig. Vance het in […]
# Die Activists and Citizens Forum het Roelf Meyer se aanstelling as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika sterk gekritiseer en noem dit ‘n belediging vir vryheidsvegters. Woordvoerder Dennis Bloem sê president Cyril Ramaphosa ondermyn die nalatenskap van die stryd teen apartheid deur ‘n politieke figuur aan te stel wat verbind word met die vorige regering. […]
# EFF-leier Julius Malema se regsverteenwoordiger, Laurence Hodes, het die Landdroshof in Oos-Londen in die Oos-Kaap gevra vir ‘n inskiklike vonnis, insluitend alternatiewe vir gevangenisstraf. Die voorvonnis-verrigtinge het vanoggend begin nadat Malema skuldig bevind is aan onder meer die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n beboude gebied tydens ‘n saamtrek in Mdantsane in 2018. Hodes […]
# Sokker: Die wêreldbeheerliggaam, FIFA, het volgens berigte die Amerikaanse president, Donald Trump, versoek om immigrasie-klopjagte te staak tydens die Wêreldbeker-toernooi in sy land, Kanada en Mexiko. Dit blyk dat FIFA se president, Gianni Infantino, sy verhouding met Trump kan gebruik om ‘n staking van die Amerikaanse Immigrasie- en Doeane-afdwingings-eenheid se bedrywighede in gasheerstede te […]