# Die Attacq Waterfall-beleggingsonderneming en die Rabie-eiendomsgroep het ‘n belegging van 750-miljoen-rand aangekondig om ‘n konferensiesentrum en hotel in Waterfall City in Midrand, Gauteng, te ontwikkel. Dit verteenwoordig ‘n beduidende kapitaalinspuiting in die provinsie se sake-gasvryheidsektor. Die span wat vir die afgelope dekade die Century City-konferensiesentrum en hotelle in Kaapstad bedryf, sal dit bestuur. Die […]
# Openbare Beskermer Kholeka Gcaleka het president Cyril Ramaphosa vrygespreek van enige oortreding van die uitvoerende etiese kode. Dit volg op ‘n klagte oor opmerkings tydens sy ontmoeting met die Amerikaanse president, Donald Trump, op 21 Mei verlede jaar in die Withuis se Ovaalkantoor. Dit ondersoek gaan oor die minister van Landbou, John Steenhuisen, se […]
# Die Regsdienste-kommissie het die adjunk-regterpresident van Gauteng, Aubrey Ledwaba, aanbeveel vir aanstelling as regterpresident van die Hooggeregshofafdeling in die provinsie. Ledwaba, wat die enigste kandidaat vir die pos was, dien sedert 2013 in die afdeling se leierskap. Die aanbeveling word nou aangestuur na president Cyril Ramaphosa vir finale aanstelling. Indien goedgekeur, sal Ledwaba amptelik […]
# Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Brent Bozell, was op ‘n hoflikheidsbesoek aan oudpresident Thabo Mbeki by die Thabo Mbeki-stigting in Johannesburg. Die vergadering was deel van Bozell se breër uitreikpogings om met Suid-Afrikaanse belanghebbendes te skakel, nadat hy sy geloofsbriewe aan president Cyril Ramaphosa oorhandig het. Hulle het bilaterale betrekkings en die versterking van […]
# Onderhandelingspanne van Amerika en Iran keer moontlik hierdie week terug na Islamabad in Pakistan om gesprekke oor die beëindiging van die oorlog te hervat. Onderhandelings het verlede naweek platgeval, waarna Washington ‘n blokkade op Iranse hawens ingestel het. Dit het woede van Teheran ontlok, maar tekens dat diplomatieke betrokkenheid kan hervat, het gehelp om […]
# AfriForum hoop die straf weerspieël die erns van die oortredings wanneer die EFF-leier, Julius Malema, se vonnisoplegging môre in die Landdroshof in Oos-Londen in die Oos-Kaap begin. Hy is kragtens die Wet op Vuurwapenbeheer skuldig bevind aan die afvuur van ‘n vuurwapen in die openbaar en die onwettige besit daarvan tydens ‘n EFF-saamtrek in […]
# Tennis: Die Barcelona-ope in Spanje ondervind talle hoëprofiel-onttrekkings. Die wêreld-nommer-twaalf, Casper Ruud van Noorweë, en die Kanadees Félix Auger-Aliassime het voor hulle eerste wedstryde onttreek weens uitputting, terwyl die Fransman Ugo Humbert en die plaaslike speler Alejandro Davidovich Fokina ook nie meer gaan speel nie. Die agste-gekeurde Brit Jack Draper moes gister tydens sy […]
# Die Gautengse adjunk-regterpresident, Aubrey Ledwaba, het borgtog aan Katiso ‘KT’ Molefe verdedig, wat aangekla word van moord op ‘n ingenieur van Vereeniging, Armand Swart, in ‘n saak van vermeende identiteits-verwarring. Ledwaba het na bewering 2,5-miljoen-rand ontvang om borgtog van 100-duisend-rand toe te staan. Hy word tans deur die Regterlike Dienskommissie ondervra vir die posisie […]
# Die borgtog-aansoek van ‘n 58-jarige pastoor wat beskuldig word van die verkragting van sy 12-jarige familielid, is uitgestel in die Landdroshof in Roodepoort, Gauteng. Dit is om die verdediging toe te laat om verdere persoonlike besonderhede te bekom. Die beskuldigde het na bewering oor Paasnaweek die meisie in sy huis in Dobsonville verkrag. Inwoners, […]