# Die waarnemende Gautengse polisiekommissaris, Fred Kekana, versoek die publiek om die polisie toe te laat om hul ondersoek uit te voer ná die ontdekking van ‘n negende vrou se liggaam in Ekurhuleni. Sy is sowat 30-jaar-oud en is met steekwonde en gedeeltelik geklee aangetref. Sy is nog nie uitgeken nie. Forensiese ondersoeke word gedoen […]
# Die Europese Kommissie stel voor kinders onder 13 moet van sosiale media verbied word as deel van nuwe maatreëls om minderjariges aanlyn te beskerm. Kinders tussen 13 en 15 sal slegs onder toesig toegelaat word om mini-rekeninge te gebruik met beperkte funksies en ‘n tydsbeperking van een-uur per dag. Die plan sal ook platforms […]
# Die Hooggeregshof in Polokwane in Limpopo het die 33-jarige prokureur, Charlotte Tibana, met onmiddellike ingang verbied om te praktiseer. Die Regspraktykraad het die dringende aansoek gebring te midde van bewerings van bedrog met trustrekenings. Tibana en haar man, die Tshwane-metropolisie-beampte Peter Nonyane, staan tereg op 43 aanklagte wat bedrog, diefstal en geldwassery insluit. Hulle […]
# Sokker: Mamelodi Sundowns se kaptein Ronwen Williams sê ‘n moontlike eindstryd in die FIFA-Interkontinentale beker teen Paris Saint-Germain is hulle uiteindelike doelwit. Die “Brazilians” moet Saterdag eers teen die Asiatiese kampioen, Al Ahli Saudi FC, op Loftus Versfeld wen. Sundowns het vir die toernooi gekwalifiseer deur die CAF-kampioeneliga te wen. Williams het sy spanmaats […]
# Rugby: Springboks Cheslin Kolbe, Siya Kolisi and Wilco Louw were included in the Stormers’ squad for the 2026/27 season on their return from spells away. Head coach John Dobson announced 56 players for the step towards Project 2029, when they aim to win the Champions Cup. Centre Ruhan Nel will captain the squad, comprising […]
# Missing In Southern Africa veroordeel geslagsgeweld nadat ‘n negende vrou se liggaam in Ekurhuleni, Gauteng, ontdek is. Die organisasie sê die jongste voorval in Dawnpark volg op soortgelyke ontdekkings in gebiede soos Kemptonpark en KwaThema. Woordvoerder Priya Ranchod sê elke slagoffer verteenwoordig ‘n verpletterde gesin. Sy vra dat vermiste persone dringend aangemeld word, aangesien […]
# Motorsport: 2016 se Formule Een-wêreldkampioen, Nico Rosberg, waarsku die sielkundige druk van ‘n eerste kampioenskap kan Kimi Antonelli van Mercedes uiteindelik inhaal. Die 20-jarige Italianer is 81 punte voor sy Britse spanmaat, George Russell, boaan die bestuurders-kampioenskap met nege wedrenne oor. Die Duits-Finse Rosberg het aan Sky Sports gesê Antonelli moet hom nie oor […]
# Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Roelf Meyer, sê die regering wil dialoog met Washington voortsit, selfs in ‘n moeilike diplomatieke tyd. Amerika het nuwe beperkings ingestel op persone wat volgens hom verantwoordelik is vir of medepligtig is aan beleid wat rasgegronde diskriminasie bevorder, dreigende geweld teen rasse- of etniese minderhede aanhits, of onteiening sonder […]
# Women in Need vra president Cyril Ramaphosa om te sorg dat die klassifikasie van geslagsgeweld en vrouemoord tot ‘n nasionale ramp lei tot dringende, meetbare en goed-befondsde optrede. Dit volg op die ontdekking van nege vroue se liggame in Ekurhuleni. Woordvoerder Dorothy Mabelebele sê die Raad op Geesteswetenskaplike Navorsing se ondersoek na geslagsgeweld en […]