# Padwedlope: New York se lykskouer ondersoek die dood van ‘n 24-jarige vrou tydens Sondag se New Yorkse marathon. Rachel Apa was een van meer as 61-duisend atlete wat aan die wedloop deelgeneem het. Sy het in Central Park, naby die eindstreep, ineengestort en is na ‘n hospitaal geneem, waar sy oorlede is. Haar pa, Steve Apa, het aan New York Times gesê Rachel het weens ‘n seldsame toestand gesterf, waartydens spiere afgebreek word en die bloedstroom vergiftig.
Padwedlope: Dood van 24-jarige vrou tydens New Yorkse marathon ondersoek