# Tennis: Die Italianer Flavio Cobolli het die eerste keer in sy loopbaan vir die ATP-eindtoernooi in Turyn gekwalifiseer. Die 24-jarige is verseker van ’n plek in die laaste toernooi van die seisoen nadat die Noorweër Casper Ruud gister die Spanjaard Rafael Jodar in die Paryse Meesterstoernooi geklop het. Cobolli sluit nou aan by die wêreld nommer-een, Alexander Zverev van Duitsland, die Spanjaard Carlos Alcaraz, die Amerikaner Ben Shelton en Daniil Medvedev van Rusland, wat ook reeds gekwalifiseer het. Daar is nog drie plekke beskikbaar.
Tennis: Cobolli eerste keer verseker van plek in die ATP-eindtoernooi