Skip to content

Nege nuwe miljoenêrs ná PowerBall-trekking

# Die Nasionale Lotery sê nege gelukkige spelers oral in Suid-Afrika het Vrydag elk meer as 2,8-miljoen-rand gewen in die PowerBall-boerpot. Die wenkaartjies is in onder andere in Makhanda, Mthatha, George en Alberton gekoop. Dit volg nadat die lotery in September 15 nuwe miljoenêrs op een aand opgelewer het. Kleiner pryse kan onmiddellik by kleinhandelwinkels opgeëis word, terwyl groter bedrae binne 72-uur deur aanlyn bankdienste of elektroniese betalings uitbetaal word.