# Iran se Revolusionêre Wag het Amerikaanse kiesers aangemoedig om president Donald Trump se bondgenote in die Kongres te verwerp, terwyl die laaste Amerikaanse magte Irak na meer as twintig jaar verlaat. Die Wag het Amerikaners in ‘n brief gevra om hul land se steun vir Israel en militêre ingryping in die buiteland teen te […]
# Tennis: Die tweede-gekeurde Kanadees, Felix Auger-Aliassime, se Chinese Ope is vinnig beëindig toe hy in die eerste ronde in Beijing uitgeskakel is. Hy het binne ‘n uur en 11 minute in skoon stelle verloor teen die ongekeurde Rus Karen Khachanov, wat hom vroeër die maand ook in die tweede ronde van die Amerikaanse Ope […]
# COSATU het die Nasionale Bedingingsraad vir die Padvrag- en Logistieke Bedryf se uitspraak verwelkom dat werkers se geld veilig is. In nuusberigte is beweer die raad het werkers se fondse vir siekte-, vakansie- en verlofbetalings in sy finansiële state as sy eie bates voorgestel. COSATU se woordvoerder, Zanele Sabela, sê die raad het verduidelik […]
# Forum for South Africa sê president Ramaphosa se toespraak oor geslagsgeweld bied min nuuts, hoewel die groep die verbintenisse verwelkom. Leier Tebogo Mashilompane sê Suid-Afrikaners het al voorheen beloftes gehoor terwyl vroue steeds sterf. Hy vra besliste optrede om reg-skuiwergate te vul, wetstoepassing te versterk en te verseker dat oortreders vervolg word. Mashilompane dring […]
# Vier mense is dood in Russiese hommeltuig- en missielaanvalle op Kiëf en omstreke wat energie-infrastruktuur beskadig het. Oekraïense amptenare sê twee vroue en ‘n 14-jarige kind is dood, terwyl nog ‘n persoon dood is toe ‘n pakhuis in Kiëf getref is. Rusland sê hy het kragsentrales geteiken, asook ander aanlegte wat Oekraïne se militêre […]
# ‘n Haai van 3,5-meter wat in ‘n kanaal in die Suid-Koreaanse hawestad Busan vasgekeer is, het binne twee weke sowat 600-duisend besoekers gelok. Die koperhaai met die bynaam Bukangi is op 18 September die eerste keer in die Noordhawe opgemerk. Owerhede het gister probeer om hom terug see toe te lei met vyf vaartuie […]
# COSATU veroordeel wat hy noem ‘n media-geleentheid wat die Amerikaanse ambassade gebruik het om ‘n bespotting te maak van Suid-Afrika se grondwetlike soewereniteit. Die vakbondfederasie se woordvoerder, Matthew Parks, sê vryheid van spraak en van die media word in Suid-Afrika se Grondwet beskerm, en behoort nie deur diplomatieke sendings misbruik te word om vals […]
# Die Kaapse Onafhanklikheids-voorspraakgroep veroordeel die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, se opmerking dat diegene wat dink Suid-Afrika is nie goed vir hulle nie, moet die land verlaat. Die organisasie sê dis afskuwelik en skynheilig. Woordvoerder Phil Craig sê burgers wat betoog teen misdaad, rasse-diskriminasie en slagspreuke wat moord voorstaan, lewer ‘n burgerlike diens […]
# ActionSA sê president Cyril Ramaphosa se toespraak oor geslagsgeweld is te laat en erken nie die voortdurende krisis en verswakte strafregstelsel wat vroue en kinders kwesbaar laat nie. Herman Mashaba van die party sê hoewel hy die oudit van sake verwelkom, is polisie-speurders oorlaai en kan nie onopgeloste sake hanteer nie. Mashaba sê die […]