# Rugby: Die opkomende Bulle-ster Reinhardt Ludwig het sy kontrak tot die einde van 2030 verleng. Hy het opgang gemaak na hy skool in Pretoria voltooi het, en sy veelsydigheid as flank of slot het al hoe belangriker geword sedert Ruan Nortjé aan die einde van verlede seisoen die span verlaat het. Die 24-jarige Ludwig sê die afrigters en bestuur se vertroue en geloof in hom, beteken vir hom baie. Die uitvoerende hoof, Edgar Rathbone glo Ludwig beskik oor die atletiese vermoë en talent om ’n steunpilaar in die Bulle se beginspan te word.
Rugby: Opkomende ster Ludwig verleng sy kontrak met die Bulle tot 2030