# Rusland het ‘n afgetrede onderwyser en Amerikaanse burger Stephen Hubbard, wat langer as vier jaar in aanhouding was weens beskuldigings dat hy vir Oekraïne geveg het, vrygelaat. Die Russiese president, Vladimir Putin, het die vrylating tydens gesprekke met die Amerikaanse gesant, Steve Witkoff, in Sint Petersburg aangekondig. Die 74-jarige Hubbard is ná ‘n geslote verhoor in 2024 tot byna sewe jaar tronkstraf gevonnis, wat Amerika as onregmatige aanhouding beskou het. Witkoff het Putin bedank vir Hubbard se vrylating maar dit is nie duidelik of enige ooreenkoms aangegaan of toegewings gemaak is om dit te bewerkstellig nie.
Rusland laat Amerikaanse burger Stephen Hubbard ná meer as vier jaar in aanhouding vry