# Tennis: Gewese ster-spelers gaan Saterdag in Mallorca, Spanje, deelneem aan die Rafa Nadal-akademie se Slam-toernooi. Die akademie van die 22-malige Grand Slam-kampioen vier sy tiende bestaansjaar en Nadal het sy gewese afrigter en landgenoot, Carlos Moyá, nog ‘n Spanjaard, David Ferrer, en die Fransman Richard Gasquet genooi om by sy span aan te sluit. […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare vra dringende optrede om kritieke personeeltekorte in KwaZulu-Natal se openbare gesondheidsorgstelsel aan te spreek. Volgens die vakbond is gekwalifiseerde dokters werkloos terwyl befondsde poste bevries of ongevul gelaat word, wat bykomende druk plaas op gesondheidsorgwerkers en pasiëntedienste beïnvloed. Zamani Dladla van die vereniging sê die provinsie moet vakante mediese poste […]
# AfriForum sê die beweerde besteding van 182-miljoen-rand aan die bemarking van Nasionale Gesondheidsversekering moet ondersoek word. Die organisasie meen bewerings van onreëlmatighede in kontrakte en die beweerde aanwending van fondse wat vir ander gesondheidsprogramme bedoel was, wek kommer oor moontlike korrupsie en wanbestuur. Louis Boshoff van AfriForum sê geen wangedrag kan bevestig word voor […]
# Krieket: Die snelboulers Kagiso Rabada en Anrich Nortjé se fiksheid sal beoordeel word tydens die Proteas se oefenkamp voor die reeks van drie toetse teen Australië. Rabada keer terug nadat ‘n besering hom uit die eendagreeks gehou het, terwyl Nortjé die afgelope drie jaar met ernstige beserings gesukkel het. Albei is in die voorlopige […]
# Tennis: Aryna Sabalenka van Belarus sê sy is uitgerus voor haar eerste toernooi sedert sy vroeër vandeesmaand die eerste plek op die wêreldranglys aan Elena Rybakina van Kazakstan moes afstaan. Dit was ná die Amerikaanse Ope, waar sy ook in die eindstryd teen Rybakina verloor het. Sabalenka was vir 99 weke nommer-een op die […]
# Die Mpumalanga-sakeman, Joe Sibanyoni het hom by die Madlanga-kommissie op sy reg beroep om homself nie te inkrimineer nie. Sibanyoni het geweier om vrae te beantwoord oor ‘n beweerde afpersingskema van twee-miljoen-rand wat met die sakeman Thomas Ntuli en die Molotoweg-projek verband hou. Hy beweer sy getuienis voor die kommissie kan sy hangende strafsaak […]
# Die polisie in Gauteng en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het 121 vermeende onwettige mynwerkers tydens Operasie Prosper in Fochville, Gauteng, in hegtenis geneem. Die operasie is in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake en die sekuriteitspan van die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater uitgevoer. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi sê die operasie is deel van voortdurende pogings […]
# Wetenskaplikes vra vir die dringende beskerming en herstel van Afrika se graslande langs die see, wat kusgemeenskappe ondersteun deur voedsel, medisyne en grondstowwe te verskaf. ‘n Oorsig deur die Universiteit Stellenbosch het beduidende leemtes in kennis oor die omvang en toestand van hierdie ekosisteme aan die lig gebring, met hersteltoetse wat in slegs ses […]
# Die DA sê die aanhoudende en duur van kragonderbrekings in Tshwane is moontlik ‘n skending van die stad se lisensievoorwaardes vir elektrisiteitsverspreiding. Die party het ‘n klag by die energiereguleerder, Nersa, ingedien en vra vir ‘n ondersoek na die stad se elektrisiteitsvoorsiening. Cilliers Brink van die DA sê Tshwane ervaar ongeveer een-duisend-600 kragonderbrekings per […]