Skip to content

Aanlyn uitsending van babahondjies lok miljoene Finse kykers

# Finland se nasionale uitsaaier lok groot gehore met ’n 24-uur-regstreekse uitsending waarin mahonde en hul baba’s gevolg word. Die program met die naam Pentulive is nou in sy sesde seisoen en volg hierdie keer vir Hilkka, ‘n Lagotto Romagnolo, en haar werpsel van ses. Hierdie Italiaanse ras met sy krullerige pels is tradisioneel gebruik om knolswamme te soek, danksy ‘n uitsonderlike reuksin. Die hondjies is op 10 Oktober gebore en sal verfilm word totdat hulle in Desember na hul nuwe huise vertrek. Die jongste seisoen het na slegs ses dae reeds 6,6-miljoen besoeke geregistreer.