# Krieket: Suid-Afrika het Australië vir net 99 uitgeboul op die voorlaaste dag van die tweede toets in Gqeberha vir ‘n eerstebeurt-voorsprong van 326 lopies. Die snelbouler Marco Jansen het verwoesting gesaai en vyf paaltjies ingeoes. Kagiso Rabada en Wiaan Mulder het albei twee paaltjies geneem en Anrich Nortjé een. Steven Smith het Australië se beste telling behaal met 28. Kaptein Temba Bavuma het die besoekers gedwing om op te volg met die hoop om hulle weer uit te boul en die reeks van drie wedstryde gelykop te maak.
Krieket: Australië volg op nadat hulle vir net 99 uitgeknikker is in tweede toets