# Die Nasionale Mynwerkersvakbond het solidariteit met die mense van Nepal uitgespreek na verwoestende kitsvloede langs die Nepal-China-grens. Meer as een-duisend-twee-honderd mense is dood, terwyl ongeveer vier-duisend steeds vermis word met soek- en reddingsoperasies wat voortduur. Die vakbond se hoofsekretaris, Mpho Phakedi, het die internasionale gemeenskap en die Suid-Afrikaanse regering versoek om dringend humanitêre hulp […]
Rugby: The Springboks took a 2-1 lead in the Rugby’s Greatest Rivalry series when they beat the All Blacks 29-24 at a packed FNB stadium last night. With the half-time score at 12-all, the All Blacks pulled ahead 17-12 in the 57th minute. But a try by Jesse Kriel swung the match back in favour […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê haar departement werk daaraan om die administratiewe las op skoolhoofde en onderwysers te verminder terwyl hulle in geletterdheid en syfervaardigheid belê. Gwarube het tydens die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Skoolhoofde se nasionale konferensie in Polokwane, Limpopo, beklemtoon dat hervormings leeruitkomste moet prioritiseer. Die minister sê sterk skoolleierskap […]
# The UN General Assembly has voted to replace the traditional world map with one that more accurately reflects the size of Africa. The “Correct the Map” resolution, backed by members of the African Union, passed with the support of 164 nations, including France and the UK. The US was the only nation to vote […]
# Die familie van die vermoorde Inkatha Vryheidsparty-raadslid-kandidaat Lucky Sokhela leef in vrees na hy in KwaSwayimani, KwaZulu-Natal geskiet is. Sokhela, ‘n Wyk Agt-kandidaat in die Mshwathi-munisipaliteit, is Dinsdag na sy huis agtergevolg en doodgeskiet. Hy is die tweede IVP-raadslid wat binne ‘n week vermoor is nadat Khetelo Mdluli, ‘n kandidaat vir Wyk 17 in […]
# Die Kongres van Demokratiese Taxiverenigings en die Kaapse Geamalgameerde Taxivereniging het ‘n vredes- en skietstilstandooreenkoms onderteken om geskille tussen die twee verenigings te beëindig. Die ooreenkoms volg na regeringsgeleide bemiddeling, met albei partye wat onderneem om toekomstige geskille deur gevestigde kanale op te los. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in die Wes-Kaap het die ooreenkoms […]
# Afgetrede Regter Mbuyiseli Madlanga sê miljoene Suid-Afrikaners moet die regte en vryhede wat deur die Grondwet gewaarborg word, nog ten volle ervaar. Madlanga het tydens die Rabinowitz-lesing aan die Universiteit van Kaapstad verwys na volgehoue ongelykheid, kommer oor geregtigheid en verantwoordbaarheid, en uitdagings binne staatsinstellings. Hy het beklemtoon dat dringende optrede nodig is om […]
# Die DA se burgemeesterskandidaat vir Emfuleni, Kingsol Chabalala, sê inwoners het te lank gely onder mislukte munisipale dienste. Chabalala sê die munisipaliteit beleef steeds langdurige kragonderbrekings, wateronderbrekings, slaggate in paaie en onwettige storting. Hy het belowe om Emfuleni vir alle inwoners te laat werk, met sy veldtog wat fokus op die herstel van basiese […]
# Die polisie in die Noord-Kaap sê seksuele oortredings het tussen April en Junie met 32,5-persent toegeneem, terwyl verkragtingsake wat met 43,4-persent gestyg het. Provinsiale polisiekommissaris Koliswa Otola sê baie slagoffers ken hul beweerde oortreders, by sommige verkragtingsake is kinders van dieselfde ouderdom betrokke, terwyl ander ouer oortreders betrek. Sy doen ‘n beroep op gemeenskappe […]