# DigiDeeds sê sy selfoontoepassing het sedert die bekendstelling in Maart meer as vyf-duisend-300 lede gelok, in ‘n poging om die uitdaging rondom die erkenning van eiendomsreg op huise in Suid-Afrika aan te spreek. Die uitvoerende hoof, Jaco Carstens, sê die inisiatief beoog om huishoudings te help wanneer wonings buite die formele eiendomstelsel val. Hy sê volgens die 2024-jaarboek van die Sentrum vir Bekostigbare Behuisingsfinansiering in Afrika is daar ongeveer 17,8-miljoen wonings in die land, maar slegs 6,9-miljoen daarvan het titelaktes.
DigiDeeds-toepassing teiken gaping in erkenning van eiendomme in die land [KLANK]
ENG CarstensOnRecognition