# Polish prime minister Donald Tusk says an object that crashed into a field in the country’s east was probably a Russian missile. It caused a 10-meter-wide crater about 100-kilometres from the Ukrainian border. There were no reports of casualties, but the incident is being treated as serious. Ukraine’s acting Foreign minister, Andriy Sybiha, earlier […]
# Die LUR van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, het mans versoek om groter verantwoordelikheid te aanvaar as positiewe rolmodelle, voorsieners en beskermers van hul gesinne en gemeenskappe. Buthelezi het tydens ‘n mansbyeenkoms kommer uitgespreek oor afwesige vaders, misdaad, dwelmmisbruik en geslagsgeweld. Hy het ouer mans aangespoor om leiding aan jong […]
# Die Nasionale Verbruikerskommissie het ‘n veiligheidsherroeping aangekondig vir twee-duisend-208 Toyota Urban Cruisers weens ‘n foutiewe brandstofmeter op voertuie wat tussen 17 Januarie en 3 Junie verlede jaar vervaardig is. Phetho Ntaba van die kommissie sê die fout kan veroorsaak dat die brandstofaanwyser meer brandstof aandui as wat in die tenk is, wat kan veroorsaak […]
# Die LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings in KwaZulu-Natal, Siboniso Duma, sê padverkeerspanne monitor die weerstoestande noukeurig terwyl sneeu oor dele van die Drakensberge val en ligte reën in ander gedeeltes van die provinsie uitsak. Spanne monitor sleutelroetes, met padskrapers wat op bystand is om sneeu te verwyder. Ndabezinhle Sibiya van die Departement sê […]
# Die Departement van Vervoer in die Oos-Kaap het die R58 tussen Lady Grey en Ekhephini gesluit nadat verskeie voertuie in swaar sneeu vasgeval het. Sneeu is ook aangemeld op die R56 tussen Matatiele en Mount Fletcher, wat reistoestande gevaarlik maak. Motoriste word na alternatiewe roetes herlei en gevra om reise uit te stel indien […]
# Die DA sê sy dringende hofaansoek teen die skorsing van Tshwane se stadsbestuurder, Johann Mettler, gaan oor die beskerming van die oppergesag van die reg en die voorkoming van politieke inmenging in die stad se administrasie. Die party voer aan die Hooggeregshof in Pretoria moet die raad se besluit tersyde stel, aangesien dit aanspreeklikheid […]
# ‘n Verslag deur die Universiteit Stellenbosch toon baie gestremdes in Afrika sukkel steeds om toegang te kry tot ondersteunende tegnologie soos rolstoele, gehoorapparate en skermlesers. Dit word toegeskryf aan hoë koste, beperkte dienste en swak ondersteuningstelsels, veral op die platteland. Woordvoerder Luigia Nicholas sê groter belegging is nodig om gestremdes te help om toegang […]
# Tiger Brands het meer as 200-miljoen-rand belê om sy geskiedkundige Paarl-fasiliteit in die Wes-Kaap te omskep in ‘n nuwe kulinêre mega-terrein wat plaaslike vervaardiging sal bevorder en die aanbod van sy ikoniese voedselhandelsmerke te verbeter. Die verbeterde perseel sluit nou ‘n asynproduksie-aanleg, interne produksie van Mrs Ball’s Blatjang en nuwe herwinbare verpakking vir sy […]
# Die Stad Kaapstad sê MyCiTi-busdienste is hervat by Killarney-stasie nadat ‘n brand vroeër vandeesweek omvattende skade veroorsaak het. Die oorsaak van die brand, wat ook ‘n 18-meter bus vernietig het, word steeds ondersoek. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê passasiers kan veilig by die stasie-ingang op Potsdamweg op en afklim, met personeel […]