# Die Stad Kaapstad sê MyCiTi-busdienste is hervat by Killarney-stasie nadat ‘n brand vroeër vandeesweek omvattende skade veroorsaak het. Die oorsaak van die brand, wat ook ‘n 18-meter bus vernietig het, word steeds ondersoek. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê passasiers kan veilig by die stasie-ingang op Potsdamweg op en afklim, met personeel […]
# Sokker: Die vleuel Yan Diomandé van die Ivoorkus is gereed om van RB Leipzig na Real Madrid te verskuif in ‘n transaksie wat volgens berigte sowat 2,2-miljard-rand beloop, wat hom die duurste Afrika-speler ooit maak. Die 19-jarige se oordragfooi oortref die vorige Afrika-rekord wat deur sy landgenoot Nicolas Pépé gehou is. Die skuif volg […]
# Die regering van die Wes-Kaap sê sy Thusong-uitreikprogram het meer as vier-duisend-400 regeringsdienste aan twee-duisend-349 inwoners gelewer tydens uitreikgeleenthede in Junie en Julie in George, Murraysburg en Stellenbosch. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die program bring dienste soos identiteitskaartaansoeke, maatskaplike toelaes, gesondheidsorg en werksondersteuning nader aan gemeenskappe, veral […]
# Tennis: Vanjaar se rekord-aantal besoekers aan Wimbledon word toegeskryf aan die sonnige weer. Meer as 550-duisend toeskouers het deur die All England Club se hekke gestroom vir die grasbaan-Grand Slam-toernooi. Dis effens meer as verlede jaar, terwyl daaglikse bywoningsrekords op drie afsonderlike dae opgestel is. Wimbledon het vir die eerste keer sedert 2019 twee […]
# Die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, het voor die Madlanga-kommissie erken die inhegtenisneming van die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en sy medebeskuldigdes, was magsmisbruik. Johnson het aanvaar minder indringende maatreëls, soos dagvaardings, sou hul hofbywoning kon verseker het. Sy het met kommissaris Sesi Baloti saamgestem die arrestasies was onnodig […]
# Die Madlanga-kommissie het die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim se aansoek om sy getuienis onbepaald uit te stel, van die hand gewys. Carrim, wat in April ‘n hartaanval gehad het, voer aan hy is medies ongeskik om te getuig. Getuienisleier Adila Hassim het die uitstel teengestaan en aangevoer kringtelevisiebeeldmateriaal en selfoondata stem nie ooreen […]
# Die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Advokaat Andrea Johnson, het voor die Madlanga-kommissie getuig sy glo onbekende invloede het moontlik sonder haar medewete binne die direktoraat gewerk. Johnson het gesê sy kan nie verduidelik waarom belangrike verklarings tydens ondersoeke teruggehou is nie, en meen dit dui aan daar was moontlik ander faktore […]
# Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Khusela Sangoni Diko, vra ‘n betroubare, inklusiewe en verantwoordbare ekostelsel vir kunsmatige intelligensie om Suid-Afrika se digitale hervorming aan te vuur. Regerings-, nywerheids-, akademici- en tegnologieleiers woon die Prosus en Naspers KI-bestuur- en beleidsimposiumsimom by om die etiese en praktiese instel van […]
# Die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum het erkenning gegee aan die walviseenheid van die Soogdiernavorsingsinstituut aan die Universiteit van Pretoria vir sy bydrae tot marienebewaring. Die eenheid het die 2025 NSTF-South32-navorsingstoekenning ontvang op Wêreldnatuurbewaringsdag vir die ontwikkeling van Afrika se mees omvattende walvismoniteringsprogram. Die langtermynnavorsing volg walvisbevolkings en die impak van klimaatsverandering, wat help om […]