# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika se infrastruktuurmislukkings is ‘n belangrike oorsaak van swak ekonomiese groei. ‘n Ekonomiese beleidsontleder, Anlu Keeve, sê in ‘n nuwe verslag onbetroubare water-, krag-, spoor- en hawedienste ontmoedig beleggings, verhoog sakekoste en verminder belastinginkomste. Die verslag voer aan beleidsmislukkings, swak instandhouding, swak verantwoordbaarheid en ondoeltreffende verkryging veroorsaak die afname. […]
# Die Madlanga-kommissie het die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, ondervra oor ‘n dagvaarding wat sy gemagtig het vir bevorderings binne die Taakspan vir Politieke Moorde. Kommissarisse het haar uitgedaag nadat sy voorheen getuig het sy het eers by die kommissie bewus geword die eenheid word ondersoek. Die getuienisleier, Mahlape Sello […]
# A 7.1-magnitude earthquake hit Japan’s southern Kumamoto prefecture earlier today, knocking out power to thousands of homes, rupturing roads and leaving some trapped and others presumed dead inside a partially collapsed shopping mall. The epicentre was about 20 kilometres south of central Kyushu island’s largest city, Kumamoto, with a population of around 700-thousand people. […]
# ‘n Airbus A350 het presies 24-uur en 24-minute geneem om ‘n toetsvlug vanaf Melbourne in Australië na Toulouse in Frankryk te voltooi as deel van Quantas se Project Sunrise. Dis ‘n nuwe rekord vir ‘n regstreekse vlug. Die redery het voorheen aangedui vlugte oor die Stille Oseaan is ‘n moontlikheid vir ‘n regstreekse roete […]
# Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, vra inwoners om waaksaam te bly nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens sy waarskuwing vir swaar reën na vlak ses verhoog het. Dit is tot môreaand van krag in eThekwini en verskeie ander kusmunisipaliteite. Woordvoerder Senzelwe Mzila sê daar is ‘n groot gevaar vir oorstromings, […]
# Lamb Champs het die bekendstelling van sy eerste internasionale uitnodigingskompetisie aangekondig. Suid-Afrika en Namibië sal op 31 Oktober in Pretoria kragte meet. Die nuwe kompetisie sal spanne van tien skaapboere vanuit elke land insluit en het ten doel om Lamb Champs uit te bou tot ‘n internasionale platform wat topgehalte-lamsvleis en uitnemendheid in die […]
# Die Madlanga-kommissie het die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, ondervra oor die bedrogsaak teen Generaal-majoor Nosipho Madondo. Die getuienisleier Mahlape Sello het gevra watter bedrieglike gedrag Madondo na bewering gepleeg het met betrekking tot haar oorplasing na ‘n ander pos. Johnson het gesê die bewerings is vervat in verklarings in die […]
# Rugby: Die Stormers-stut Ntuthuko Mchunu het by die Springbok-kamp in Johannesburg aangesluit, blykbaar weens kommer oor die fiksheid van die ervare nommer een, Ox Nché. Mchunu het vroeër die maand sy vierde toets vir Suid-Afrika gespeel in die Nasieskampioenskapswedstryd teen Skotland. Hy is aanvanklik aan die Stormers vrygestel vir volgende Vrydag se toerwedstryd teen […]
# Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, Mbuyiseli Madlanga, sê strafregtelike aanklagte sal aanhangig gemaak word nadat die identiteit van ‘n beskermde getuie na bewering doelbewus uitgelek is. Madlanga sê die getuie het anoniem in ‘n geslote sitting voor die kommissie getuig. Hy sê die kommissie sal regstappe doen teen die persoon wat verantwoordelik is vir […]