# Tennis: Alexander Zverev van Duitsland het die Australiër Alex de Minaur in skoon stelle geklop om die halfeindronde van die Shanghai Meesters te haal. Die topgekeurde speler het in 78 minute met 6-4, 6-4 gewen en ‘n aansienlik beter vertoning gelewer, na hy in sy vorige twee wedstryde drie stelle nodig gehad het vir ‘n oorwinning. Zverev kom nou teen Alejandro Davidovich Fokina van Spanje te staan vir ‘n plek in die eindstryd. Davidovich Fokina is deur na die halfeindstryd na die Fransman Arthur Gea vroeg in hul kwarteindstryd weens ‘n besering onttrek het.
Tennis: Zverev gemaklik deur na halfeindstryd in Shanghai